Strzelecki-saak: Een kwytgeskeld van moord
Glo geen rol gespeel in Roswitha se dood
Mnr. Fabianus Lazarus het skuldig gepleit op 'n klag van diefstal, maar onskuldig op klagte van poging tot huisbraak, sameswering en regsverydeling.
In die staat se finale betoë teen mnre. Jerobeam Simon Shidute en Fabianus Lazarus, wat teregstaan op ses klagte van onder meer diefstal en regsverydeling, is Lazarus van twee moordklagte kwytgeskeld.
Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle in 2017 by die Strzelecki-egpaar se huis op Swakopmund ingebreek het met die doel om geld uit ’n kluis te steel.
Me. Roswitha Strzelecki (79) is tydens die beweerde inbraak vermoor en haar man, mnr. Siegfried Strzelecki (81), is ’n paar dae later in die hospitaal dood.
Die staat beweer Lazarus het geen rol gespeel in Roswitha se dood toe sy tydens die beweerde rooftog verwurg is nie. Die tweede moordklag teen Lazarus, in verband met die moord op Siegfried, is opsy gesit weens die staat se gebrek aan bewyse om dié klag te bewys.
Lazarus se regverteenwoordiger, mnr. Milton Engelbrecht, het ook gevra dat regter Christie Liebenberg ’n klag van sameswering laat vaar weens die feit dat dit volgens hom ’n duplisering van die klagte is.
Volgens hom is die beplanning van die beweerde rooftog vanselfsprekend en dus verbind aan die klag van poging tot huisbraak met die doel om te roof.
Engelbrecht meen ook dat Lazarus nie aanspreeklik gehou kan word op die klag van regsverydeling nie, weens sy getuienis dat sy meisie sy klere en skoene (wat die hof as bewysstukke beskou) ná die insident in water geweek het. Die staat beweer beide van die beskuldigdes het hul hande ná die insident in die see gaan was, wat ook regsverydeling is.
Lazarus het skuldig gepleit op ’n klag van diefstal, maar onskuldig op klagte van poging tot huisbraak, sameswering en regsverydeling.
SHIDUTE
Shidute se regsverteenwoordiger, mnr. Tjingairi Kauhivi, het op die klag van moord beweer hy het geen voornemens gehad om Roswitha te vermoor nie.
Hy het bygevoeg die staat se bewysstukke vir dié klag is onvoldoende.
Die staat kon na bewering ook nie daarin slaag om die teenwoordigheid van die beskuldigde tydens ’n ontmoeting tussen die mans vasstel nie. Dus dra die klag van sameswering volgens Kauhivi geen waarde nie.
Kauhivi het tot die klagte van regsverydeling en ’n poging tot huisbraak toegegee.
Die saak sal op 12 Oktober in die hoërhof hervat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie