ADAMANT: Stuttafords is demanding millions from government
ADAMANT: Stuttafords is demanding millions from government

Stuttafords, Namra se hofgeskil verdiep

Saak uitgestel tot Desember
Stuttafords het reeds in 2017 die aansoek gebring en voer aan Namra het kapitaal verkeerdelik as inkomste assesseer.
Kenya Kambowe
In die hofsaak waariin die luukse kleinhandelwinkel, Stuttafords Stores Namibia, sowat N$3,8 miljoen van die regering eis oor 'n beweerde belastingkwessie van 2004, het die staat 'n teeneis van dieselfde bedrag gebring.

Die staat beweer verder dat die maatskappy die taksman byna N$15 miljoen in onbetaalde belasting sedert 2017 skuld.

Stuttafords, wat volgens gerugte op die rand van bankrotskap is, het die hofsaak reeds in 2017 by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak en beweer dat sy boeke negatief beïnvloed is deur ’n beweerde verkeerde belastingaanslag deur die Namibiese Inkomste-agentskap (Namra).

In die afgelope sewe jaar is die hofsaak deur ’n aantal regters aangehoor, albei partye het verskillende regsverteenwoordigers gehad en belastingkenners is ook by die geskil betrek met die saak wat blyk nie naby aan ’n einde te wees nie.

Die kommissaris van Namra, die minister van finansies en die prokureur-generaal is as respondente in die saak gelys.

Luidens die hofstukke beweer Stuttafords dat hy sy terugbetaling van inkomstebelasting en finansiële state vir die jaar 2002 ingedien het, maar dit is glo eers in Desember 2004 geassesseer.

INKOMSTE OF KAPITAAL

Die maatskappy het verder beweer die verkeerde aanslag deur die ministerie van finansies was die gevolg van 'n huurdertoelaag van N$2,6 miljoen wat as 'n inkomste in plaas van kapitaal hanteer is.

Stuttafords voer aan dat as die huurdertoelaag van N$2,6 miljoen as kapitaal in plaas van ’n inkomste beskou is, die verlies van die maatskappy op N$3 miljoen sou gestaan ​​het.

Dié beweerde fout, beweer Stuttafords, het beteken dat die maatskappy 'n groter wins gemaak het gedurende daardie tydperk wat hy die taksman sou skuld.

Ná die 2009-boekjaar het Namra sowat N$835 000 van Stuttafords geëis ingevolge die inkomstebelastingwet wat boetes en rente insluit. In November 2016 is Stuttafords weereens in kennis gestel dat hy sowat N$828 000 se inkomstebelasting, boetes en rente moet betaal. Na aanleiding van Stuttaford se dispuut oor hoe Namra by dié syfers uitgekom het, het hulle die hof genader en geëis dat foute reggestel word.

Stuttafords eis 'n betaling van N$3,8 miljoen met rente of alternatiewelik dat die hof Namra se besluit – dat die N$2,6 miljoen as inkomste hanteer word – tersyde gestel moet word.

Partye het Maandag in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 2 Desember om vir die staat tyd te gee om sy pleitstukke te wysig.

'OPPORTUNISTIES'

Die wysiging handel oor die bewering dat Stuttafords nie meer onder dié naam handel dryf nie, maar nou onder die naam Stutts Brands and Clothing Retail geregistreer is. Dit verkoop egter glo dieselfde items as Stuttafords vanaf sy sakeperseel by Maerua Mall in Windhoek.

Daar word verder beweer dat Stutt Brands and Clothing Retail sedert 2018 nie op datum belastingopgawes indien nie. Die staat het 'n eis van sowat N$14,9 miljoen se onbetaalde belasting soos op 12 Augustus vanjaar gemaak. Die staat is verder daarvan oortuig dat Stutts Brands and Clothing nie finansieel stabiel is nie en beweer die maatskappy is net opportunisties met sy hofaansoek.

“Die verweerders [staat] pleit dat die eerste verweerder [Namra] geen gelde hoegenaamd aan die eiser verskuldig is nie en die eiser se saak is opportunisties en moet met strafkoste van die hand gewys word,” het die staat aangevoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!