Suidedorp vir kontrakbreuk gedagvaar
Keetmanshoop-munisipaliteit in regstryd gewikkel
Netvend Metering Solutions eis dat die kontrakbeëindiging onwettig verklaar word, en vra die hof moet die munisipaliteit beveel om binne 15 dae die kontrak te gehoorsaam of anders miljoene te betaal.
Die finalisering van ‘n skikkingsooreenkoms wat verband hou met ‘n beweerde multimiljoendollar-kontrakbreuk deur Keetmanshoop se munisipaliteit vir die installering van 1 000 voorafbetaalde watermeters sloer ná die skorsing van drie dorpsraadslede.
Netvend Metering Solutions BK het die munisipaliteit in Julie verlede jaar gedagvaar vir die beweerde verbreking van ‘n kontrak van N$4,3 miljoen vir die installering van voorafbetaalde watermeters in die dorp, wat in 2020 onderteken is.
In Januarie vanjaar het die twee partye die hof meegedeel dat hulle met skikkingsgesprekke begin het.
Die partye het egter voor verlede week se hofdatum gevra die saak moet uitgestel word aangesien die munisipaliteit nie die groen lig vir die ooreenkoms kon gee nie omrede dat drie Landless People's Movement (LPM)-setels die afgelope twee maande ontruim is.
Die uitvoerende hoof van Keetmanshoop, mnr. Dennis Basson, het die hof ingelig hy is “nie in staat om die skikkingsooreenkoms te onderteken nie aangesien hy ‘n raadsbesluit nodig het. Geen raadsvergadering kan plaasvind nie aangesien drie raadslede deur hul politieke party herroep is”.
Die LPM het einde Desember die oudburgemeester, mnr. Maree Smit, onttrek en in Januarie nog twee raadslede, mnre. Sydney Skakana en Willie Kisting.
Die hof het verlede week Dinsdag die saak tot 29 Maart uitgestel om die partye tyd te gee om die skikkingsooreenkoms te finaliseer.
Die besonderhede van die moontlike skikking is nog nie bekend gemaak nie.
KONTRAKBREUK
Die hofstukke voer aan die munisipaliteit skuld Netvend N$4,3 miljoen nadat hulle nie die kontrakklousules nagekom het nie.
Die maatskappy eis dat die beëindiging van die kontrak onwettig verklaar word, en vra die hof moet die munisipaliteit beveel om die kontrak binne 15 dae na te kom, of andersins die verskuldigde N$4,3 miljoen te betaal.
Die munisipaliteit het die tender in Maart 2020 aan Netvend toegeken.
Volgens hofstukke het die munisipaliteit die kontrak in April 2021 gekanselleer. Netvend se reaksie was om die munisipaliteit daarvan te beskuldig dat hulle die kontrak onregmatig gekanselleer het.
Netvend voer in hofstukke aan die munisipaliteit se beëindiging van die kontrak is voorafgegaan deur veranderinge aan die omvang van die werk waarop aanvanklik ooreengekom is.
Een van dié beweerde veranderinge was die munisipaliteit se versoek dat Netvend slegs die meters moet verskaf, waarna die munisipaliteit dit self sou installeer.
ONTKENNING
Netvend het die hof meegedeel hierdie versoeke vir veranderinge het gelei tot gesprekke rondom die verskaffing van ‘n prestasiewaarborg deur die maatskappy.
Netvend se regsverteenwoordigers het geskryf die munisipaliteit het skielik die kontrak beëindig terwyl hierdie gesprekke aan die gang was.
“Die kansellasie ter sprake was ondanks die feit dat die partye in gesprek was oor die aspek van die prestasiewaarborg, en dat die munisipaliteit nooit – in die lig van die bespreking – geëis het dat ons kliënt die prestasiewaarborg verskaf of die risiko loop dat die kontrak beëindig word nie. Was dit nie vir die manier waarop die munisipaliteit die omvang verander het nie, sou ons kliënt reeds die prestasiewaarborg verskaf het.”
Briewe tussen die partye wys die munisipaliteit het ontken dat die omvang van die projek verander is, en eerder beweer het die prestasiewaarborg is nie verskaf nie – ondanks versoeke by verskeie geleenthede.
SKIKKINGSGESPREKKE
Die munisipaliteit het in Oktober verlede jaar ‘n pleitverduideliking ingedien wat kontrakbreuk ontken, en het aangevoer sonder die prestasiewaarborg – wat ‘n belangrike voorwaarde van die ooreenkoms was – kon die projek nie begin nie.
Verder, dat die munisipaliteit nooit ‘n wysigingsbevel vir vermindering van werk uitgereik het nie.
Basson het destyds gevra die hof moet die eis met koste van die hand wys.
Teen Januarie het die partye die hof egter van skikkingsgesprekke in kennis gestel.
Die saak word deur hoërhofregter Shafimana Ueitele aangehoor.
Netvend word deur mnr. Appolos Shimakeleni verteenwoordig, terwyl mnr. Melvin Harmse as die munisipaliteit se regsverteenwoordiger optree.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie