Swakopmund-slagter verloor appèlsaak
Florin weer onsuksesvol
Drie regters in die hooggeregshof het bevind die hoërhof se uitspraak in April 2024 was nie foutief nie.
Die hooggeregshof het gister die sogenaamde Swakopmund-slagter, Thomas Florin, se appèlaansoek van die hand gewys waarin hy eis dat hy reeds ná tien jaar tronkstraf in aanmerking moes kom vir parooloorweging.
Hy het sy vrou in 1998 vermoor, haar oorskot opgesny en gekook en dien tans ’n lewenslange vonnis uit wat op 22 Desember 1999 opgelê is.
Regters Dave Smuts, Theo Frank en Esi Schimming-Chase het gister beslis dat die hoërhof in Windhoek se uitspraak om Florin se aansoek van die hand te wys, nie foutief was nie.
Regter Boas Usiku se uitspraak in April 2024 het beslis dat Florin sy vonnis ingevolge die Gevangeniswet van 2012 uitdien en dus minstens 25 jaar van sy vonnis moet uitdien voordat hy vir parooloorweging in aanmerking kan kom.
Florin het in sy hofaansoeke aangevoer hy het die oortreding waaraan hy skuldig bevind is in Junie 1998 gepleeg toe die 1959-wet van krag was en hy dus reeds vir parool in aanmerking kon kom nadat hy tien jaar tronkstraf uitgedien het.
“Die 1959-wet het gestipuleer dat gevangenes wat lewenslange vonnisse opgelê is, tien jaar moet uitdien voor hulle vir parooloorweging in aanmerking kon kom.
“Die 1959-wet is herroep en vervang met die 1998-wet wat in Augustus 1999 in werking getree het,” lui die uitspraak, wat stel dat die datum van Florin se vonnisoplegging die datum is wat vir sy gevangenisstraf moet geld en nie die datum van die oortreding nie.
“Die 1998-wet het geen voorsiening gemaak vir gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien met betrekking tot parooloorweging nie.
“Die 1998-wet is herroep en vervang met die 2012-wet, wat in Januarie 2014 in werking getree het en stipuleer dat gevangenes met lewenslange vonnisse minstens 25 jaar moet uitdien voordat hulle vir parooloorweging in aanmerking kan kom,” lui die uitspraak.
GRONDWETLIKE REGTE
Florin het verder aangevoer dat die 2012-wet verskeie van sy grondwetlike regte skend. Usiku het sy aansoek in die hoërhof van die hand gewys en beslis dat sy gevangenisstraf nie sy grondwetlike regte skend nie.
Florin het die hoërhof in 2014, saam met 26 ander applikante, genader om vroeë vrylating van hul lewenslange vonnisse te soek. Dié aansoek en sy daaropvolgende appèlaansoek is van die hand gewys.
In 2022 het Florin nog ’n poging aangewend wat ook misluk het, asook die hoërhofaansoek wat in Januarie 2023 ingedien is.
“Hierdie hof het uitdruklik bevind dat hulle [insluitend die appellant] eers ná die verloop van 25 jaar vir parool in aanmerking sou kom,” lui die uitspraak van die hooggeregshof.
Die regters sê die hof het reeds in 2012 die parool-regime bevestig en voeg by dat hy reeds teen Desember verlede jaar in aanmerking gekom het vir parool aangesien hy toe die minimum van 25 jaar uitgedien het, ingevolge die huidige wetgewing.
Paroolvereistes kan egter nie toegepas word op oortreders wat gedeporteer word nie. Florin se aansprake van diskriminasie het ook misluk.
VONNIS
Hy is in Desember 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy aan onder meer moord, lykskending en dwarsboming van die gereg skuldig bevind is.
Hy het sy vrou, Monika, in Junie 1998 in hul huis in Swakopmund vermoor nadat sy Namibiese verblyfpermit van die hand gewys is.
Die hof het gehoor sy vrou wou hom nie toelaat om sy twee kinders saam met hom terug Duitsland toe te neem nie.
Florin het in sy paroolaansoeke ontken hy sou ’n risiko vir die samelewing inhou indien hy vrygelaat word en het die versekering gegee dat hy onmiddellik ná sy vrylating na Duitsland sal terugkeer.
Sy seun, Marcel, was drie jaar gelede ten gunste van sy pa se vrylating.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie