Swakopmund-slagter vir nou nog agter tralies
Thomas Florin het in 1998 sy vrou vermoor, haar oorskot opgesny en gekook.
Die hof het Vrydag die sogenaamde Swakopmund-slagter, Thomas Florin, se aansoek van die hand gewys, waarin hy eis dat hy reeds ná tien jaar se tronkstraf in aanmerking moes kom vir parooloorweging.
Hy het in 1998 sy vrou vermoor, haar oorskot opgesny en gekook en is tans besig om ’n lewenslange vonnis uit te dien wat op 22 Desember 1999 opgelê is.
Die hoërhof in Windhoek het Vrydag uitspraak gelewer en beslis dat Florin sy vonnis kragtens die Gevangeniswet van 2012 uitdien en daarom minstens 25 jaar van sy vonnis moet uitdien voordat hy in aanmerking vir parooloorweging kan kom.
Hy sal in Desember vanjaar 25 jaar van sy vonnis uitgedien het.
Florin het in sy hofaansoek aangevoer dat hy die misdryf waarvoor hy gevonnis is, in Junie 1998 gepleeg het toe die 1959-wet van krag was en hy daarom reeds nadat hy tien jaar tronkstraf uitgedien het in aanmerking kon kom vir parool.
“Die 1959-wet het gestipuleer dat gevangenes wat lewenslange vonnisse opgelê is tien jaar moet uitdien voor hulle vir parooloorweging in aanmerking kon kom. Die 1959-wet is herroep en vervang met die 1998-wet wat in Augustus 1999 in werking getree het,” lui die uitspraak, wat stel dat die datum van Florin se vonnisoplegging die datum is wat vir sy gevangenisstraf moet geld en nie die datum van die misdryf nie.
“Die 1998-wet het geen voorsiening gemaak vir gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien met betrekking tot parooloorweging nie.
“Die 1998-wet is herroep en vervang met die 2012-wet wat in Januarie 2014 in werking getree het en stipuleer dat gevangenes met lewenslange vonnisse minstens 25 jaar moet uitdien voordat hulle vir parooloorweging in aanmerking kan kom,” lui die uitspraak.
Florin het verder aangevoer dat die 2012-wet verskeie van sy grondwetlike regte skend. Regter Boas Usiku het sy aansoek van die hand gewys en beslis dat sy gevangenisstraf nie sy grondwetlike regte skend nie.
Florin het in 2014 saam met 26 ander applikante die hoërhof genader waar hulle vroeë vrylating van hul lewenslange vonnisse gesoek het. Dié aansoek en sy daaropvolgende appèlaansoek is van die hand gewys.
In 2022 het Florin nog ’n poging aangewend wat ook misluk het. Die huidige aansoek is in Januarie verlede jaar by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie