Swapo-jeugliga spring hofeis van N$14 m. vry
Die Swapo-jeugliga (Spyl) was suksesvol in die teenstaan van ’n eis van N$14 miljoen wat in die hoërhof in Windhoek teen hom aanhangig gemaak is.
Regter George Coleman het Donderdag ’n ooreenkoms wat die vereniging in Julie 2018 met True Media Trading CC gesluit het vir die verskaffing van ’n geïntegreerde lidmaatskapstelsel en 1 050 000 lidmaatskapkaarte, nietig verklaar en tersyde gestel weens sommige besonderhede wat “vaag” is.
Coleman het verder beslis dat die vereniging al die stelsel se hardeware en bybehore aan True Media moet terugbesorg.
BETOË
True Media het die saak aanhangig gemaak en aangevoer Spyl het nie by die geskrewe ooreenkoms gehou het nie deurdat hy versuim het om die betaling van sowat N$14 miljoen te maak. Gevolglik is dié bedrag van die vereniging geëis.
Die ander voorwaarde van die ooreenkoms wat True Media beweer Spyl oortree het, is dat die jeugliga geen ander verskaffers mag gebruik vir die lidmaatskapkaarte nie.
Spyl erken hy het ’n ander verskaffer gebruik toe True Media se stelsel gebreek het nadat slegs 6 000 kaarte gedruk kon word. Hy het op dié gronde geweier om die bedrag aan True Media te betaal.
Volgens getuienis tydens die verhoor het die stelsel vir ’n kort tydperk gewerk nadat True Media dit geïnstalleer het - voordat dit nie meer korrek wou funksioneer nie. Spyl is wel steeds in besit van die stelsel se harde- en sagteware, maar kan dit nie gebruik nie.
UITSPRAAK
Coleman het in sy uitspraak daarop gewys dat die ooreenkoms uitgebeeld word as ’n gesamentlike ondernemingsooreenkoms, maar lees volgens hom meer soos ’n memorandum van verstandhouding (MoU) as ’n kommersiële kontrak. Hy het verder beslis dat die ooreenkoms geen afdwingbare terme vervat nie.
“Die ooreenkoms kan nie afgedwing word nie. Afgesien van die feit dat die ooreenkoms nie afdwingbare bepalings bevat nie, toon die bewyse dat die bedrag wat geëis word, nie betaalbaar is nie.
“Na my mening is die ooreenkoms nietig weens vae besonderhede spesifiek omdat klousule 2 ’n koopprys bepaal sonder enige aanduiding wanneer dit betaal moet word, wie moet betaal en presies waarvoor betaal moet word,” lui die uitspraak.
Coleman het ook genoem dat die partye tydens betoë toegegee het dat, indien die hof die ooreenkoms nietig verklaar, die terugbesorging van die harde- en sagteware ’n gepaste oplossing is.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie