Windhoek High Court 

Photo: file
Windhoek High Court Photo: file

Swapo-lid in knyp oor 'eiendomsbedrog'

Rita Kakelo
’n Lid van Swapo se sentrale komitee het na bewering ’n 58-jarige vrou bedrieg deur ’n erf ter waarde van N$270 000, wat glo in iemand anders se naam geregistreer is, aan haar te verkoop.

Sy beweer dit is nie die eerste keer dat hy probeer om mense te bedrieg nie.

Agnes Simon het ’n siviele eis teen John Elago ingedien nadat hy glo in Mei 2021 'n skriftelike ooreenkoms met haar onderteken het om die erf te koop.

Elago het glo vereis dat sy N$100 000 as deposito betaal, maar sy beweer sy het N$200 000 betaal en die uitstaande bedrag oor 19 maande afbetaal. Die laaste betaling is glo in September verlede jaar gemaak.

Elago sou glo ’n polisieverklaring aan haar verskaf wat haar die regte op die erf sou gee, maar ’n beampte van die Windhoek-munisipaliteit, luidens hofstukke ’n mnr. Karamata, het glo gesê die verklaring is nie ’n wetlike vereiste nie. Elago het ook na bewering nooit dié verklaring verskaf nie.

TEENSTRYDIG

In haar funderende verklaring sê sy die Windhoek-munisipaliteit het in Augustus 2023 aangekondig dat almal wat eiendom in Groot Aub besit hul kantoor moet nader of ’n verteenwoordiger moet stuur om die eienaarskap van eiendom te verifieer.

“Ek het iemand gevra wat ook die ooreenkoms as ’n getuie onderteken het omdat ek nie in die omgewing was nie. Dit is toe dat ek uitgevind het dat die eiendom nie op daardie spesifieke erf geleë was nie,” sê sy.

Volgens die munisipaliteit se rekords was die erf in ’n ander persoon se naam geregistreer. Sy beweer Elago het sowat nege jaar gelede dieselfde erf aan iemand anders verkoop.

“Ek het na die munisipaliteit gegaan en is meegedeel dat die botsende erfnommers op die ooreenkoms reggestel moet word, en dat dit vergesel moet word van ’n verklaring wat die munisipaliteit sal toelaat om die eiendom in my naam te registreer, maar Elago het geweier,” sê Simon.

Toe Elago ’n brief van die adjunkbalju ontvang het, het hy glo die hulp van die Windhoekse prokureur Kadhila Amoomo ingewin om Simon te oorreed om die saak buite die hof te hanteer. Dit het glo later aan die lig gekom dat die brief waarin dié versoek gerig is, nie deur Amoomo of sy assistent onderteken is nie, maar eerder deur ’n private sekretaresse.

“Ek het dit gekoop om in ’n gastehuis te omskep en moes bykomende geld bestee op uitgebreide opknappings.

“Die eiendom was in ’n swak toestand en nie geskik as ’n gastehuis ten tyde van die aankoop nie. Sommige deure het nie slotte gehad nie, baie van die vensters was stukkend en elektriese proppe en ligskakelaars het nie gewerk nie,” beweer Simon.

VORIGE SAAK

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het nege jaar gelede berig dat Elago, wat na bewering ’n reuse-erf van ’n vrou vir N$3 500 gekoop het nadat sy ’n miskraam gehad het, het in 2014 ’n kort verskyning in die landdroshof op Rehoboth gemaak.

Elago is borgtog van N$1 000 toegestaan nadat hy van bedrog aangekla is in verband met die aankoop van die erf by Paulina Garoes, wat geld nodig gehad het om na Windhoek te reis vir mediese behandeling.

Elago hou egter vol sy teenstanders het hom hof toe gesleep omdat hy geweier het om die eiendom aan hulle te verkoop. Hy het gesê hul bewerings dat hulle N$5 000 vir die plot betaal het, is vals.

Simon eis dat Elago ’n verklaring aflê om die eiendom aan haar oor te dra, hy hul ooreenkoms moet regstel en hy haar regskoste moet betaal.

Die saak is tot 23 Augustus uitgestel, aangesien geen verteenwoordigers vir Elago of die Windhoek-munisipaliteit in Julie teenwoordig was nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%