• Tuisblad
  • Howe
  • Swartbooi ‘ondermyn oppergesag van die reg’

Swartbooi ‘ondermyn oppergesag van die reg’

Aanstelling van regters onder die loep
'n Stelling van mnr. Bernadus Swartbooi in die parlement verlede week oor die aanstelling van regtelike beamptes, het hewige reaksie ontlok.
Kristien Kruger
“Die doel van mnr. Swartbooi se stelling was om twyfel te skep in die integriteit van die Regterlike Dienskommissie en om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn.”

Só lui ’n verklaring van die Vereniging vir Advokate van Namibië wat Maandag uitgereik is in reaksie op ’n stelling wat mnr. Bernadus Swartbooi, die leier van die Landless People's Movement (LPM), op 21 April in die parlement oor die aanstelling van regtelike beamptes gemaak het.

Swartbooi het gesê slegs prokureurs van regsfirmas met politieke verbintenisse met die regerende party, word as waarnemende regters by die howe aangestel.

‘AANSTELLINGS OP MERIETE’

Die menseregteprokureur mnr. Norman Tjombe het ook ’n verklaring uitgereik aangaande die beweerde valsheid van die stelling.

“Dit is onakkuraat om te sê die aanstellings van regters is op een of ander manier gekoppel aan die individu, of sy of haar werkgewer se politieke verbintenisse. 'n Vlugtige deurgaan van inligting wat maklik toeganklik is, sal wys dat die aanstellings op meriete was.”

“Die mees onlangse waarnemende aanstellings was twee landdroste David Munsu en Duard Kesslau met baie jare se aansien, asook regter George Coleman wat al meer as 32 jaar ’n advokaat is.”

“Voor dit is Orben Sibeya en Eileen Rakow as voltydse regters aangestel nadat hulle vir byna 'n jaar as waarnemende regters gedien het.

Sibeya was 'n adjunk-aanklaer-generaal en toe 'n prokureur by ’n privaat firma vir etlike jare voordat hy as regter aangestel is.

Rakow was 'n senior beampte in die kantoor van die ombudsman, en voor dit was sy vir jare lank 'n landdros.”

Tjombe se verklaring verwys verder na die voormalige senior landdros Ileni Velikoshi wat ook as waarnemende regter in die hooggeregshof aangestel is en regter Claudia Claasen wat 14 jaar lank ’n landdros was voordat sy as waarnemende regter aangestel is.

Hy verwys ook in sy verklaring na verskeie ander waarnemende regters en die meriete waarop hulle aangestel is.

“Swartbooi se verwysing na mnr. Sisa Namandje, wat betrokke was by die interpartyverkiesing van Swapo, as 'n bewys dat persone met politieke verbintenisse as waarnemende regters aangestel word, is sonder enige meriete. Mnr. Namandje is in 2008 en 2010 as waarnemende regter aangestel en het die Swapo-verkiesing eers in 2012 en 2017 voortgesit, ná sy twee termyne as waarnemende regter,” lui Tjombe se verklaring.

‘ROEKELOSE STELLINGS’

Die Vereniging vir Advokate het ook bekend gemaak dat die vereniging dit oorweeg om ’n klag by die Regsvereniging van Namibië in te dien om Swartbooi se gedrag te ondersoek.

“Die Vereniging van Advokate ondersteun aktiewe en robuuste debat, insluitend in die parlement, maar waarsku dat debat nie gebruik moet word om die oppergesag van die reg te ondermyn nie. Dit is belangrik dat 'n persoon in die posisie van mnr. Swartbooi, 'n leier van 'n politieke party, te alle tye waak daarteen om stellings en bewerings te maak – sonder enige feite of basis – wat die publiek se vertroue in openbare instellings ondermyn.

Die Vereniging vir Advokate vertrou dat die lede van die publiek nie die stellings wat deur Swartbooi gemaak is, bloot sal aanvaar sonder om na die feite wat binne die publieke domein is, te kyk nie.

“Mnr. Swartbooi, wat 'n toegelate regspraktisyn van die hooggeregshof is, se stelling was duidelik roekeloos.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!