Die Fishrot-beskuldigde Tamson (Fitty) Hatuikulipi en sy regsverteenwoordiger, Florian Beukes. Foto argief
Die Fishrot-beskuldigde Tamson (Fitty) Hatuikulipi en sy regsverteenwoordiger, Florian Beukes. Foto argief

Tamson appelleer teen weiering van borgtog

Regter het glo impak van nuwe feite 'geïgnoreer'
Een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, gaan die hoërhof se beslissing om hom borgtog te weier in die hooggeregshof uitdaag.
Kristien Kruger
Jemima Beukes – Die Fishrot-beskuldigde, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, het ’n appèlaansoek by die hooggeregshof ingedien teen die hoërhof se beslissing om sy aansoek om borgtog van die hand te wys.

In sy aansoek wat Maandag ingedien is, beweer Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, Florian Beukes, dat regter David Munsu ’n fout in sy uitspraak op 27 Desember begaan het deurdat hy Hatuikulipi se tydperk in aanhouding, sowel as sy grondwetlike reg op ’n regverdige verhoor, te ligtelik opgeneem het.

Hatuikulipi is al drie jaar in aanhouding en Beukes sê dit ontneem hom van die geleentheid om voldoende vir sy verhoor voor te berei omdat hy nie by die Windhoek Sentrale Gevangenis toegang tot behoorlike fasiliteite het nie.

Beukes beweer ook dat Munsu ’n fout begaan het deur nie Hatuikulipi se tydperk in aanhouding as ’n nuwe feit in ag te neem nie.

Dít ten spyte daarvan dat die hoërhof glo al verskeie kere beslis het dat langdurige voorverhoor-aanhouding wel ’n nuwe feit is waarop gesteun kan word in borgtogaansoeke en dat dit opsigself voldoende gronde vir die toestaan van borgtog kan wees.

ACC SE ONDERSOEK

Volgens Beukes het Munsu ook versuim om in ag te neem dat die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) se ondersoek nog nie afgehandel is nie, veral ten opsigte van die vraag of verdere verdagtes uitgelewer sal word.

Beukes het gewys na die ACC se hoofondersoekbeampte, Andreas Kanyangela, se teenstrydige getuienis en sy standpunt oor wanneer die verhoor kan begin.

“Die regter het ’n fout begaan deur te versuim om hoegenaamd kennis te neem van Kanyangela se kruisondervraging ten opsigte van die sogenaamde forensiese ouditverslag van Deloitte & Touche, waarin die ouditeure duidelik stel dat die verslag nie ’n forensiese ondersoek is nie.

Volgens die ouditeure is die verslag gebaseer op inligting wat die ACC gekies het. Hulle stel ook dat hul verslag onderhewig kan wees aan verandering as alternatiewe inligting of die insette van die persone van belang ontvang word,” het Beukes geskryf.

NUWE FEITE

Dit was Hatuikulipi se tweede aansoek om borgtog nadat die eerste aansoek van die hand gewys is.

Dié aansoek moes daarom op nuwe feite gebaseer word en Beukes is van mening dat Munsu nie daarin geslaag het om die impak van die nuwe feite vas te stel nie.

Hy beweer dat die bewyse wat tydens kruisondervraging uitgekom het, ’n invloed op die staat se beweerde sterk saak teen Hatuikulipi gehad het en dat Munzu gekies het om dit te ignoreer en het daarom nie die feite in geheel oorweeg nie.

“Die regter kon nie met regverdigheid aflei dat ’n sterk prima facie-saak teen Hatuikulipi bestaan, wanneer die nuwe feite en bewyse eenvoudig geïgnoreer is nie. Hy het misluk in die balanseringsoefening met betrekking tot Hatuikulipi se vryheid en die feit dat hy grondwetlik onskuldig is totdat hy skuldig bevind word,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067