Tegniese probleme met hofopnames ondervind
Twee hofsittings wat elk bykans ’n week lank geduur het, se klankopnames is onbruikbaar.
Die opnames is noodsaaklik in ’n verhoor waarin ses beskuldigdes teregstaan op meer as 265 klagte van onder meer bedrog en korrupsie.
Sharon Desiree Ramann, Jeremiah Metaatu, Hendrik Francisco Davis, Jan Johannes Jansen, Severen Iiyambo en Alta Norma Visser het na bewering ’n aftreefonds vir werknemers van plaaslike owerhede, wat onder die administrasie van Alexander Forbes was, tussen Mei 2003 en Maart 2005 uit meer as N$4 miljoen geswendel.
Die verhoor het reeds in 2008 in die hoërhof begin en meer as 16 jaar het verloop sedert die beskuldigdes in hegtenis geneem is.
Die twee hofsittings, van onderskeidelik 27 tot 30 Junie en 24 tot 28 Julie vanjaar, se opnames het geen klank nie en kan dus nie getranskribeer word nie.
Die betrokke regsverteenwoordigers en die waarnemende regter Nate Ndauendapo sal hul notas van die hofverrigtinge beskikbaar stel om neergepen te word om te sorg dat die rekord onder omstandighede so volledig as moontlik is.
Die verhoor het egter op meer as een geleentheid in ander hofkamers verskyn, dus behoort dié opnames gebruik te kan word.
Dit is steeds onduidelik of ander verhore wat gedurende dié tydperk in dieselfde hofkamer plaasgevind het ook deur die tegniese fout geraak is.
By navraag het die prokureur Milton Engelbrecht gesê: “In daardie geval word die rekord gerekonstrueer. Die partye wat teenwoordig is, handig hul notas in om op rekord geplaas te word. Dan moet almal ooreenstem dat hulle tevrede is met dié gerekonstrueerde weergawe. Indien enige party voel dat die getuienisse belangrik was, kan getuies herroep word.”
Die minister van justisie, Yvonne Dausab, het aangedui dit mag die ministerie tot twee dae neem om verdere besonderhede in die verband bekend te maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie