• Tuisblad
  • Howe
  • Thomas Florin se aansoek om vrylating misluk
Thomas Florin (links) se aansoek vir sy vrylaring uit die tronk, is van die hand gewys. Foto Argief
Thomas Florin (links) se aansoek vir sy vrylaring uit die tronk, is van die hand gewys. Foto Argief

Thomas Florin se aansoek om vrylating misluk

Ronelle Rademeyer
Die hoërhof-aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, gepoog het om ná byna 22 jaar agter tralies vrygelaat te word, is vanoggend (Vrydag) deur regter Shafimana Ueitele van die hand gewys.

Ueitele het nie die redes vir sy besluit verskaf nie en die volledige uitspraak sal later beskikbaar gestel word.

Florin is in Desember 1999 lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy aan onder meer moord, lykskending en regsverydeling skuldig bevind is.

Hy het sy vrou, Monika, in Junie 1998 in hul huis in Swakopmund vermoor nadat sy Namibiese verblyfpermit van die hand gewys is. Die hof het gehoor sy vrou wou nie toelaat dat hy sy twee kinders saam met hom terug Duitsland toe neem nie.

Hy het haar oorskot daarna opgesny en gekook.

Hy het in die kennisgewing van mosie gevra vir 'n bevel wat gelas dat hy onmiddellik vrygelaat moet word op outomatiese kwytskelding, wat tegnies ’n ander roete tot vrylating as parool is.

Dit maak daarvoor voorsiening dat ’n gevangene se vonnis met ’n derde verkort kan word indien aan sekere voorwaardes voldoen is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!