Thomas kry N$50 000 ná aanranding in tronk
"Met alle respek aan die eiser (Marcus Thomas), het hy sy geloofwaardigheid in gedrang gebring deur te oordryf oor wat op die betrokke dag gebeur het. Die eiser was sy eie grootste vyand tydens sy getuienis deur feite te oordryf."
So het regter Hannelie Prinsloo Woensdag in haar uitspraak gesê oor Marcus Thomas se bewerings van aanranding deur lede van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) by die Windhoek Sentrale Gevangenis.
Prinsloo het beslis dat Thomas wel aangerand is deur een van die NSC-lede, maar nie tot die mate wat hy aangevoer het nie. Ingevolge ’n hofbevel sal die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die hoof van sekuriteit by die tronk, Silas Mateus - die beampte deur wie Thomas aangerand is - verplig word om hom N$50 000 in skadevergoeding te betaal.
AGTERGROND
Thomas is ’n Amerikaanse burger en een van die beskuldigdes in die moord op André Heckmair. Hy is sedert 2011 in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.
Hy het aanvanklik N$1,1 miljoen van die minister; die hoof van die NSC, Raphael Hamunyela; en vyf tronkbeamptes geëis. Hy het aangevoer hy is op 13 Januarie 2017 deur ’n groep beamptes aangerand en verskeie kere geskop en met vuiste en knuppels op sy gesig en oor sy liggaam geslaan. Die aanranding het glo in Mateus se kantoor plaasgevind.
Thomas het gedurende die verhoor sy eis na N$500 000 verminder.
Die Amerikaner is glo na die sekuriteitshoof se kantoor geneem nadat hy ’n ander gevangene aangerand het. Volgens die verweerders het Thomas, terwyl hy in die kantoor was, weer eens dieselfde gevangene gegryp en gedreig om hom dood te maak.
“Die gevangene het gelyk of hy in pyn was en nie uit Thomas se greep kon losbreek nie. Nadat Thomas geweier het om die gevangene te laat gaan, het Mateus hom (Thomas) met 'n knuppel geslaan om hom te dwing om die ander gevangene te los,” het die verweerders in hofstukke beweer.
Hulle het verder aangevoer dit was slegs Mateus wat Thomas aangerand het en nie een van die ander beamptes nie.
UITSPRAAK
“Wanneer die hof met verskillende weergawes gekonfronteer word, sal hy die eiser (Thomas) se bewerings opweeg en teen die algemene waarskynlikhede toets.”
Volgens die uitspraak het Prinsloo beslis dat die verweerders se weergawe meer waarskynlik is.
“Dr. (Aron) Hamupembe is die enigste onafhanklike getuie en sy bevindings op die aand van die voorval en sy getuienis ten opsigte van die aard van die beserings, strook nie met die eiser se weergawe van die aanranding nie.”
Prinsloo het verder daarop gewys dat Hamupembe, die dokter wat Thomas behandel het, nie gedink het dit is nodig dat hy in ’n hospitaal opgeneem word of verdere opvolgbehandeling ontvang nie.
“Gestel die aanranding op die eiser het geduur vir die tyd en met die intensiteit wat hy beweer, is ek oortuig dat hy verskeie frakture, oop wonde en harsingskudding sou opdoen, of selfs erger.”
Prinsloo het verder beslis daar is nie genoegsame bewyse dat ander beamptes Thomas ook aangerand het nie en dat dit slegs Mateus was.
“Mateus se optrede was nie geregverdig nie. Na die hof se mening was die aanranding op die eiser buitensporig en kon die eiser met minimale geweld gestop word,” lui die uitspraak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie