Kevan Townsend, een van die Amerikaners wat in Namibië op moord teregstaan. Foto argief
Kevan Townsend, een van die Amerikaners wat in Namibië op moord teregstaan. Foto argief

Townsend se borgtogaansoek misluk

Heckmair-moord
Die moordbeskuldigdes is reeds twaalf jaar in aanhouding nadat hulle in hegtenis geneem is vir die moord op André Heckmair.
Kristien Kruger,Stefan Noechel
Een van die twee Amerikaanse burgers wat teregstaan op die moord van die 25-jarige André Heckmair wat in 2011 in sy motor in Windhoek doodgeskiet is, se nuwe borgtogaansoek is Maandag van die hand gewys voordat dit nog aangehoor is.

Regter Dinnah Usiku het mnr. Kevan Townsend se aansoek van die hoërhof in Windhoek se rol geskrap omdat dit glo onvolledig ingedien is. Volgens Usiku was die besonderhede van sy vorige borgtogaansoek twee jaar gelede nie aan haar verskaf nie.

Die hof vereis dat wanneer ’n borgtogaansoek van die hand gewys word en ’n beskuldigde weer ’n aansoek indien, moet die aansoek gegrond word op nuwe feite wat nie tydens die vorige borgtogaansoek ter sprake was nie. Die nuwe feite moet kan regverdig waarom die hof weer borgtog moet oorweeg en moontlik die aansoek toestaan.

Usiku meen omdat sy nie enige inligting oor die vorige borgtogaansoek ontvang het nie, weet sy nie of die nuwe feite wel nuut is nie. Sy het ook geen kennis van die redes waarom die vorige aansoek van die hand gewys is nie en kan daarom nie ’n nuwe aansoek aanhoor nie.

Indien Townsend die nodige dokumente indien, sal hy daarop geregtig wees om weer ’n borgtogaansoek in te dien.

Regter Orben Sibeya het Townsend se vorige borgtogaansoek in Oktober 2020 aangehoor en van die hand gewys.

Townsend en sy medebeskuldigde in die moordsaak, mnr. Marcus Thomas, is sedert Januarie 2011 in aanhouding. Die moordverhoor sal op 14 Maart weer hervat en word deur die ervare regter Christie Liebenberg aangehoor.

Heckmair is op 7 Januarie 2011 met een skoot in die kop doodgeskiet terwyl hy in die bestuursitplek van sy suster se motor gesit het wat in Gusindestraat, Klein Windhoek geparkeer was. Volgens sy familie was hy op pad na ’n middagete-afspraak met twee Amerikaners.

Die jongman het net teruggekeer van vakansie saam met sy familie by Wlotzkasbaken naby Hentiesbaai.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!