‘Tref-en-trap’-saak begin
Kambata pleit onskuldig
Die man wat na bewering verantwoordelik is vir die dood van die fietsryer Ingrid van Wyk Scholtz, het gister in die hof verskyn.
Die man wat teregstaan op ’n klag van strafbare manslag in verband met die noodlottige tref-en-trap-ongeluk op die westelike verbypad waarin die fietsryer Ingrid van Wyk Scholtz (38) sowat drie jaar gelede gesterf het, het gister in die landdroshof in Katutura onskuldig gepleit.
Paulus Kambata se verhoor het gister begin met die eerste staatsgetuies wat die getuiebank ingeneem het.
Die staat beweer Kambata het met sy Mercedes Benz ’n ander voertuig aan die linkerkant verbygesteek en dat hy Scholtz op haar fiets van agter af gestamp het – binne die sperstreep. Hy het glo daarna weggejaag.
Hy het tydens sy borgtogaansoek beweer Scholtz het voor hom ingeswaai.
Die ongeluk het op Vrydag 15 November 2019 by die vierrigting-afdraai na die Universiteit van Namibië (Unam) plaasgevind.
Kambata staan tereg op ses klagte, naamlik strafbare manslag, roekelose bestuur, die versuim om by die ongelukstoneel stil te hou, die versuim om hulp te verleen aan ’n beseerde/s by ’n ongelukstoneel, die versuim om ’n ongeluk aan te meld en regsverydeling. Hy het hierop ook onskuldig gepleit.
Kambata is op 11 Desember op borgtog van N$8 000 vrygelaat.
VERTRAGINGS
Hoewel Kambata reeds op 18 November 2019 in hegtenis geneem en aangekla is, het die verhoor eers vandeesweek begin.
Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings het aanvanklik die ondersoek belemmer en later het kwessies in verband met die polisiedossier opgeduik. Eers was dit weg en later is dit weer opgespoor, maar was steeds onvolledig.
Die destydse staatsaanklaer, Bernadine Bertolini, het aangevoer dat die enkele uitstaande dokumente (insluitend die polisie se forensiese verslag) nie genoegsaam opweeg teen die erns van die klagte en die openbare belang in die uitkomste van die hofsaak nie en dat die saak daarom moet voortgaan.
Bertolini het gesê daar is genoegsame bewyse om Kambata te vervolg.
INGRID
Scholtz was jare lank ’n stadsbeplanner en vennoot by Stubenrauch Planning Consultants (SPC) en was ook ’n ywerige fietsryer wat die Desert Dash-ultrawedren van Windhoek na Swakopmund as soloryer aangedurf het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie