Twee skuldig aan Strzelecki-moord
Een verdagte steeds op vrye voet
Twee mans wat tereggestaan het op die moord van ’n bejaarde egpaar van Swakopmund vyf jaar gelede, is gister in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind op klagte van moord en aanranding.
Fabianus Lazarus en Simon Shidute het me. Roswitha Strzelecki (79) in 2017 tydens ’n huisinbraak verwurg en haar man, mnr. Siegfried Strzelecki (81), aangerand.
Die klag van moord op Siegfried is verander tot ’n klag van aanranding aangesien hy aan ’n aneurisme dood is etlike dae ná die aanval.
Lazarus en Shidute is ook skuldig bevind op ’n klag van regsverydeling en roof met verswarende omstandighede.
MOORDKLAG
Hoewel mnr. Daniel Stephanus Nghilifa na bewering vir Roswitha verwurg het, het regter Christie Liebenberg beslis dat Lazarus en Shidute hulself op grond van ’n gemeenskaplike doelwit skuldig gemaak het aan moord.
“Die beskuldigde [Lazarus] het haar vasgehou in ’n poging om haar stil te maak en het geen poging aangewend om Nghilifa te keer toe hy vir twee tot drie minute toegekyk het hoe sy verwurg word nie,” het Liebenberg tydens sy uitspraak gesê.
Die regter het op grond van Siegfried se nadoodse ondersoek bepaal dat Lazarus en Shidute geen voorneme gehad het om hom tydens die huisinbraak te vermoor nie. Dit weens die feit dat hy slegs op sy hande en arms beseer was en daar geen beserings op sensitiewe dele van sy liggaam was nie.
ROOFTOG
Beide is onskuldig op ’n klag van huisinbraak, maar is skuldig bevind op ’n klag van roof met verswarende omstandighede.
Liebenberg het gesê die mans het deur ’n oop deur toegang tot die Strzelecki se huis verkry en hulle het dus nie fisies “ingebreek” om toegang tot die huis te verkry nie.
Shidute is skuldig bevind aan diefstal, maar Lazarus is van hierdie klag kwytgeskeld weens ’n gebrek aan bewyse.
Nghilifa het in Februarie 2019 by die polisiekantoor op Swakopmund uit aanhouding ontsnap en is steeds op vrye voet. Die mans verskyn weer op 1 November in die hof vir finale betoë voor vonnisoplegging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie