Tweede getuie staaf ontmoeting
Glo SMS’e, e-posse tussen Thomas, Heckmair
'n Tweede staatsgetuie het gister 'n ontmoeting met Kevan Townsend bevestig wat die beskuldigde betwis.
Hoofinspekteur Frans Kantema het gister die getuiebank in die verhoor van die Amerikaanse moordbeskuldigdes, Marcus Thomas en Kevan Townsend, ingeneem en het verskeie aspekte van inspekteur Felix Ndikoma se getuienis gestaaf.
Dit nadat Townsend se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomunji, Ndikoma se getuienis in die spervuur geplaas het.
Die inspekteur het onder meer getuig oor ’n ontmoeting tussen hom en Townsend wat die beskuldigde glo versoek het. Townsend ontken dié ontmoeting, maar Ndikoma en Kantema het albei getuig Townsend het tydens die ontmoeting aan hulle gesê André Heckmair het glo US$3 miljoen aan Thomas geskuld.
Die ontmoeting het glo in September 2011 plaasgevind en Kantema het getuig hy het in Oktober of November 2011 ’n verklaring afgelê oor die beweerde ontmoeting.
Volgens Kantema se getuienis het Townsend glo ook tydens die ontmoeting gesê Thomas het voor die moord met Heckmair via e-pos en SMS’e gekommunikeer.
Townsend het glo ook gesê hy was ten tyde van Heckmair se moord in hul gastehuiskamer. Ndikoma het vroeër die week tydens sy getuienis gesê ’n skoonmaker by die gastehuis waar die twee mans tuis gegaan het, het aan hom gesê dat Townsend omstreeks 13:00 op dié noodlottige dag in die kamer was.
Heckmair is laas omstreeks 12:45 lewend gesien en sy liggaam is omstreeks 13:15 in sy motor gevind.
Siyomunji het aan Kantema gestel daar is geen beeldmateriaal wat kan bewys dat hulle wel daardie dag die tronk besoek het nie.
Siyomunji het gesê Kantema en sy kollegas kon hierdie materiaal aangevra het indien hulle wou.
Die verhoor sal na verwagting vandag met ’n nuwe getuie in die getuiebank hervat.
Regter Christie Liebenberg het die staatsaanklaer Antonia Verhoef opdrag gegee om vandag ’n aanduiding te gee oor die staat se planne om nog getuies te roep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie