Tydelike reddingsboei vir Menzies
Dienste gaan voort
Uitsluitsel oor wanneer Menzies Aviation Namibia die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se grondhanteringsdienste moet vaarwel roep, word vroeg in Julie verwag.
Matthias Haufiku - Menzies Aviation Namibia sal toegelaat word om voort te gaan met grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vir ten minste die volgende drie weke. Dit is totdat hulle na die hof moet terugkeer om te hoor of hul aansoek om 'n bevel wat Namibia Airports Company (NAC) verplig om hulle meer tyd te gee om die lughawe te ontruim, goedgekeur sal word.
Dit volg nadat regter Shafinana Uietele verrigtinge gister tot 4 Julie verdaag het. Die verrigtinge is deur die wat dit bygewoon het beskou as ’n verlies vir NAC wat Menzies wil uit hê.
Ná verlede week se hooggeregshofbevel het NAC die maatskappy drie dae gegee om reëlings vir die oorhandiging van hul dienste te finaliseer. Menzies het egter die jongste hofverrigtinge van stapel gestuur, ’n stap wat hulle in effek meer tyd gegee het om met hul bedrywighede voort te gaan.
Met Paragon Investment Holdings wat op die kantlyn wag om Menzies op die lughawe te vervang, sal ook hulle egter nog ’n bietjie langer moet wag voordat hulle met grondhanteringsdienste kan begin. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie