Foto Facebook
Foto Facebook

Uitdaging van mynlisensie misluk

Hoërhof-uitspraak Vrydag gelewer
Cape Cross Salt het die hof versoek om die mynlisensie wat aan Cape Cross Namib Investment uitgereik is, terug te trek.
Kristien Kruger
’n Hofgeskil oor ’n lisensie vir soutmynbedrywighede in Swakopmund het Vrydag in die hoërhof in Windhoek tot ’n einde gekom.

Die hofsaak kom nadat Cape Cross Salt aangevoer het dat die ministerie van myne en energie die lisensie toegeken het op ’n wyse wat strydig met die wet is.

Hulle voer verder aan dat Cape Cross Namib Investments, wat die lisensie verkry het, nie aan die vereistes voldoen het nie en dat geen soutmynbedrywighede op die perseel plaasgevind het sedert die lisensie sowat 10 jaar gelede uitgereik is nie.

Cape Cross Salt het in sy hofstukke aangevoer dat die ministerie deurlopend partydig opgetree het ten gunste van Cape Cross Namib Investments.

Cape Cross Salt het op grond hiervan die hof versoek om die lisensie wat aan Cape Cross Namib Investments toegeken is terug te trek en om die ministerie te beveel om ’n lisensie aan hom vir daardie perseel uit te reik.

UITSPRAAK

Regter Nate Ndauendapo het Vrydag uitspraak gelewer en het in sy uitspraak geen bevindinge gemaak oor die toekenning van die mynlisensie nie, maar het die saak uitgegooi op grond daarvan dat daar te veel tyd verloop het voor die saak aanhangig gemaak is.

“Die vertraging van oor die tien jaar om hierdie hersieningsaansoek te bring, is onredelik.

“Die hof kan nie die lang vertraging goedpraat nie, want geen aansoek om kondonasie is gebring nie. Daar is ook geen verduideliking daarvoor nie.

“Die aansoek is dus met koste van die hand gewys,” lui die uitspraak, wat ook daarop dui dat die meriete van die aansoek nie oorweeg is nie.

ACC-ONDERSOEK

Die direkteur van Cape Cross Salt, Joel Shafashike, het in sy verklaring wat by die hof ingedien is, verduidelik dat hy ’n saak by die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) geopen het teen die toekenning van die lisensie aan Cape Cross Namib Investments.

Die ACC se ondersoek is in Augustus 2020 afgehandel en geen oortredings is ontdek nie.

“[Cape Cross Namib Investment] het die lisensie al meer as 10 jaar en het absoluut niks gedoen om aan die vereistes verbonde aan die lisensie te voldoen nie. Die maatskappy het nog nie ’n enkele lisensiefooi betaal nie,” het Shafashike aangevoer.

Hy het bygevoeg dat Cape Cross Namib Investment geen finansiële verlies sal ly as die lisensie teruggetrek word nie.

Cape Cross Namib Investment het in reaksie op die bewerings daarop gewys dat hy reeds die lisensie tussen 2007 en 2009 bekom het en dat Cape Cross Salt reeds sedertdien daarvan bewus is.

Dié maatskappy se regsverteenwoordiger het die argument gebring dat die betrokke aansoek nie binne ’n redelike tydperk gebring is nie en was suksesvol in sy verdediging van die aansoek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%