Foto argief
Foto argief

Uitsettingsbevel teen 'plaaskoper'

Betaal nie skuld teen spertyd
Dirk Redelinghuys is wel nie meer op die plaas Jerusalem nie, maar is nog steeds van plan om die grond te koop.
Francoise Steynberg
Die voornemende koper van ’n plaas in die verre Suide is volgens ’n hofbevel van die grond afgesit, maar sy vee is nog op die plaas. Hy het glo nie sy skuld teen die spertyd aan die eienaars betaal nie.

Regter Orben Sibeya het op 9 Julie in die hoërhof in Windhoek ’n uitsettingsbevel teen Dirk Johannes van Dyk Redelinghuys van die plaas Jerusalem No. 73 in die Karasburg-distrik in die ||Kharasstreek uitgereik.

Die uitsettingsbevel plaas die eisers – die bejaarde egpaar Johannes Hendrik Albertus (Jan) en Anna-Marie Meyer – weer in besit van die eiendom en Redelinghuys is van die plaas afgesit.

’n Skikkingsooreenkoms in die hoërhof is ook tussen die egpaar en Redelinghuys aangegaan wat onder meer die kansellasie van die koopooreenkoms van die plaas insluit.

Redelinghuys moet die uitstaande betaling van N$420 000 opdok, asook N$30 000 per maand vir onregmatige okkupasie, rente en koste.

Volgens die skikkingsooreenkoms moes hy die bedrag van N$660 000 voor of op 15 Augustus 2024 in die trustrekening van die Meyers se prokureurs inbetaal.

Die bedrag van N$660 000 sal die volle betaling uitmaak van die bedrae verskuldig aan die Meyer-egpaar en sal volgens die hofdokument die volle en finale afhandeling van alle eise tussen die partye wees.

Redelinghuys het volgens die ooreenkoms ingestem en onderneem om die plaas teen nie later nie as 31 Augustus 2024 te ontruim.

Jan Meyer (71) het Dinsdag bevestig dat Redelinghuys wel nie meer op Jerusalem is nie, maar nog nie ’n sent aan hulle terugbetaal het nie nadat hy vir twee en ’n halwe jaar op die eiendom was.

“Daar is nog vee op die plaas maar veeartsenydienste het die plaas toegemaak weens ongerymdhede en ’n veiling kan dus nie gehou word nie.”

Redelinghuys het aan Network Media Hub erken dat hy wel nie die uitstaande bedrag teen die sperdatum betaal het nie.

“Ek het die plaas wel ontruim, maar ons is nog steeds in onderhandeling en van plan om die grond te koop,” het Redelinghuys gesê.

“Ons gaan in die volgende week of twee ’n aanbod op die plaas maak. Die proses is aan die gang en daar is baie goeie redes daarvoor om fondse van die buiteland af deur die stelsel te kry.”

Volgens Redelinghuys is daar lewende hawe op Jerusalem ter waarde van meer as N$2 miljoen en hy het beklemtoon die betaling en koop van die plaas is nie van die baan nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70%