• Tuisblad
  • Howe
  • Uitspraak oor Boulter se vervolging weer uitgestel
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter. Foto Kristien Kruger
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter. Foto Kristien Kruger

Uitspraak oor Boulter se vervolging weer uitgestel

Volgens riglyne van die JSC moet regters van die hoërhof binne agt maande uitspraak in dié tipe aansoeke lewer.
Kristien Kruger
Die lewering van die uitspraak in die aansoek waarin die Britse miljardêr, Harvey Boulter, aanvoer dat hy nie van moord aangekla moet word nie, is Vrydag weer eens uitgestel.

Regter Herman Oosthuizen het die uitspraak tot 9 Augustus uitgestel. Dis die derde hofdatum wat vir die lewering van die uitspraak geskeduleer is. Die rede vir die uitstel is dat die uitspraak nog nie gereed is nie.

Partye het op 17 Januarie in die hoërhof in Windhoek hul slotbetoë gelewer en hul sake gesluit. Die volgende geskeduleerde datum is dus sewe maande nadat die verhoor afgehandel is.

Die vertraging in die afhandeling van dié aansoek veroorsaak ook ’n vertraging in die strafregtelike verrigtinge teen Boulter in die moordverhoor aangesien daardie verhoor nie kan voortgaan tot uitspraak in dié aansoek gelewer word nie.

Ten spyte van die vertragings is Oosthuizen steeds binne die voorgeskrewe tydlyn soos uiteengesit in riglyne deur die Regterlike Dienskommissie (JSC) vir die lewering van uitsprake.

Volgens dié riglyne het Oosthuizen agt maande om uitspraak te lewer in hierdie tipe aansoek. Die JSC het hierdie riglyne in Desember 2009 bekend gemaak.

“Kommer word toenemend deur lede van die publiek en diegene in die regsberoep uitgespreek oor wat as buitensporige vertragings deur regters beskou word.

“Dit het dus nodig geword om ’n paar riglyne vir regters neer te lê waarteen klagtes teen regters gemeet kan word vir uitsprake wat nie gelewer is nie,” lui ’n JSC-verklaring.

Met betrekking tot Boulter se aansoek is die saak op 17 Januarie tot 17 Mei vir uitspraak uitgestel. Op daardie dag is dit weer tot Vrydag 5 Julie uitgestel en Vrydag tot 9 Augustus.

AGTERGROND

Boulter het die aansoek teen die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, aanhangig gemaak en poog om sy vervolging vir moord tersyde te laat stel.

Hy beweer in sy verklaring daar was geen rede vir die besluit dat hy op onder meer ’n moordklag vervolg moet word nie.

Volgens hom is daar geen bewyse dat hy sy plaaswerker, Gerhard van Wyk sr., op 27 Februarie 2021 met opset geskiet het nie. Hy beweer die skoot het afgegaan midde ’n bakleiery terwyl Van Wyk sr. probeer het om Boulter se 9 mm-pistool by hom af te neem.

Hy eis dus dat Imalwa se besluit om hom te vervolg op ’n aanklag van moord en ander aanklagte ingevolge die Wapen- en Ammunisiewet 7 van 1996 hersien en tersyde gestel moet word.

Imalwa beweer egter dat sy tot die gevolgtrekking gekom het nadat sy al die bewyse wat in die verklarings en dokumente vervat is, asook dit wat in die borgtogverrigtinge aan die lig gekom het, bestudeer het.

Sy hou egter voet by stuk dat sy redelik in haar besluit opgetree het en daar voldoende feite was waaruit ’n redelike persoon kon aflei dat Boulter die misdaad gepleeg het waarvan hy aangekla is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%