anti-gay
anti-gay

Uitspraak oor gays ‘ondermyn wette’

Kinders glo vir homoseksualiteit gewerf
Die Christelike Koalisie van Kerke wil 'n wet teen homoseksualiteit laat instel.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die hooggeregshof se uitspraak dat selfdegeslag-huwelike wat buite Namibië voltrek is in die land erken moet word, ondermyn Namibië se soewereiniteit en plaaslike wette.

Dit volgens dr. Shirley Magazi namens die Christelike Koalisie van Kerke, wat hulself as ’n beweging georganiseer het en op 1 Junie ’n protesoptog in Windhoek gaan hou en ’n versoekskrif aan die parlement gaan oorhandig waarin hulle vir ’n wet teen gays vra. Die optog sal by die ministerie van binnelandse sake begin en by die parlementsgebou eindig.

Magazi het gister tydens ’n nuuskonferensie in die hoofstad die Weste en ontwikkelingsorganisasies daarvan beskuldig dat hulle Namibiërs lok om by dié “agendas” betrokke te raak deur finansiering van die buiteland as ’n wortel voor hul neuse te hou.

“Ons het die onafhanklikheidstryd gesien en ons het vir vryheid geveg. Ons is nou in die ekonomiese stryd. Soos ’n spesifieke handelsooreenkoms het die Westerse wêreld egter versigtig daarin die menseregte geplant waaraan alle Afrikane en Pasifiese lande moet voldoen.

“Hulle dwing Afrikane dat hulle finansiering moet aanvaar. Indien hulle dit aanvaar, moet hulle selfdegeslag-huwelike en aborsie wettig. Ons is nie so goedkoop nie, ons het hulpbronne,” het sy gesê.

Magazi het dié veroordeel wat haat en woede teenoor die gay gemeenskap in die naam van die kerk aanblaas. Volgens haar is die Namibiese huis se enigste kommer die feit dat “werwing plaasvind” om kinders tot homoseksualiteit te verlei.

“Daar is ’n wet wat teen dit spreek en dit is die sodomiewet. Wat ons eerbare regters nou in beginsel gedoen het, is om wettig of gesaghebbend ’n lisensie aan alle mans in seksuele verhoudings met mans te gee om ’n strafregtelike oortreding te begaan. As dit met opset gedoen is om die weg te baan vir die sodomiewet om ongrondwetlik en ongeldig verklaar te word – daardie strategie moet misluk.

“Ons lei hierdie veldtog en ons doelwit is om die Nasionale Vergadering te vra om ’n wet in te stel wat die waardes van die Namibiërs op ’n besliste wyse verteenwoordig en wat teenstrydig met die hooggeregshof se bevel is.

“Ons is ’n baie verdraagsame nasie en tot op hede het ons nog nooit enige geweld teenoor enige persoon aangewakker op grond van hul seksuele voorkeur nie.

“Ons wil julle werwing van jong kinders in hierdie beweging verwerp. Hierdie is ons kinders, die toekoms van hierdie land. Dit is onaanvaarbaar dat werwing op so ’n manier plaasvind om ons kinders te mislei. As moeders en vaders sal ons dit nie toelaat nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!