Uitspraak oor Marula Lodge in Augustus
PDM daag 99 jaar-huurkontrak uit
Comsar Properties SA se regsverteenwoordiger hou voet by stuk dat geen onderduimse streke tot die 99 jaar-huurkontrak met die landbouministerie gelei het nie.
Uitspraak in die hofsaak oor sowat 20 000 hektaar grond waarop die Russiese miljardêr, Rashid Sardarov, beplan om ’n gasteplaas, Marula Lodge, te ontwikkel en sodoende werk te skep, sal na verwagting op 15 Augustus gelewer word.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het ’n aansoek in die hoërhof in Windhoek gebring teen onder meer die ministers van landbou, water en grondhervorming asook finansies en die president gebring waarin hulle beweer dat Sardarov geld aan die ministerie geskenk het om grond in die Dordabis-omgewing te bekom en die grond weer op ’n 99 jaar-huurkontrak aan Sardarov se maatskappy, Comsar Properties SA, te verhuur.
Die PDM se regsverteenwoordiger, Jean Marais, beweer dat die lang tydperk van die huurkontrak in effek gelykstaande is aan die verkoop van die grond, wat volgens die PDM ongrondwetlik sou wees aangesien Sardarov ’n buitelander is.
“Die regering kon nie op ’n redelike manier tot die besluit gekom het om die grond vir 100 jaar te verhuur nie,” het hy gesê.
“Wat van die volgende buitelander met baie geld?”
Comsar Properties SA se regsverteenwoordiger, Wim Trengove, het egter aan regter Orben Sibeya gestel dat die toepaslike wetgewing duidelik stel dat buitelanders grond in Namibië mag koop met die minister se toestemming.
Sardarov het eers beplan om die grond te koop. Toe die landbouministerie egter die transaksie afgekeur het, moes hy tevrede wees met die tweede beste, het Trengrove gesê.
“Die wet verbied nie die verkoop van grond aan buitelanders nie – die minister word die diskresie gegee om te besluit. Natuurlik is daar verskeie redes waarom dit voordelig kan wees om grond aan buitelanders te verkoop, maar ’n mens sou verwag dat iemand wat ’n noemenswaardige belegging wil maak eerste in die ry sou staan,” het hy gesê.
Marais meen die ooreenkomste tussen die ministerie, Sardarov en Comsar is nie grondwetlik nie.
“In die minister se verklaring is dit duidelik dat hy oor sy voete val om te verduidelik. Dit behoort reeds ’n aanduiding te wees van die onheilspellende omstandighede waaronder hierdie ooreenkomste plaasgevind het ... daar is geen manier waarop hulle dit sou kon doen om aan die vereistes van die wet te voldoen nie. Dis asof hulle ’n sprong na links en dan ’n tree na regs moet gee om dit te ontduik,” het hy gesê.
Trengove verduidelik dat die huurkontrak volgens hulle nie gelykstaande is aan eienaarskap nie en dat die wet voorsiening maak vir die omstandighede van Comsar se ooreenkoms met die ministerie.
“Comsar het nie die reg om die grond te verkoop, dit te verband of te verhuur nie – hierdie is almal regte wat die eienaar volgens die Grondwet het. Comsar en die ministerie het geen rede om die bestaande wetgewing te omseil nie, want die wetgewing maak voorsiening daarvoor dat die grond verkoop kan word,” het hy gesê.
“Die minister het tot die huurooreenkoms ingestem. Niks aan die ooreenkoms sal verander as die hof besluit om dit as ’n verbloemde koopooreenkoms te bestempel nie – die enigste verandering sal wees hoe dit geëtiketteer word. Die verskil is nie ’n verandering in die ooreenkoms nie,” het hy gesê.
Trengove het ook genoem dat die PDM nie kapsie maak oor die geld wat geskenk is om die grond mee te koop nie, maar slegs oor die 99 jaar-huurkontrak wat die landbouministerie met Comsar aangegaan het.
“Dit sal heeltemal onregverdig wees as net een deel tot niet verklaar word. Die PDM kan nie kies watter deel van die eier hulle van die roereier wil skei nie, daar is geen bewyse dat die twee partye in slegte trou opgetree het nie,” het hy gesê.
Trengove het ook aangevoer dat die PDM politieke punte kan wen indien hulle in hul aansoek slaag.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie