Unam-direkteur uit op borgtog
’n Werknemer van die Universiteit van Namibië (Unam) wat verlede week deur lede van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) in hegtenis geneem is omdat hy na bewering die instelling uit meer as N$1 miljoen bedrieg het, is Vrydag borgtog van N$40 000 toegestaan.
Landdros Monica Andjamba het Tuyoleni Hamata se borgtogaansoek in die Windhoekse landdroshof toegestaan. Hy was die direkteur van inligting- en kommunikasietegnologie by die instelling en staan nou tereg op aanklagte van bedrog en die korrupte gebruik van sy pos vir persoonlike gewin.
Tydens verrigtinge in die borgtogaansoek het die staat ’n borgtogbedrag van N$70 000 aanbeveel op grond van die erns van die aanklagte teen Hamata.
Volgens die ACC het Hamata na bewering ’n bedrieglike transaksie georkestreer waarin die universiteit meer as N$2 miljoen, in plaas van N$1 miljoen, vir Wi-Fi-toestelle betaal het.
“Tydens die Covid-19-pandemie het die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) Wi-Fi-toestelle vir studente teen ’n gesubsidieerde prys gekoop.
“Hamata het 'n brief aan die NSFAF gerig en versoek dat die oortollige toestelle aan Unam gestuur word vir verspreiding na sy takke.
“Hulle was veronderstel om N$1 miljoen te betaal, maar Hamata het die prys verdubbel wat daartoe gelei het dat Unam meer as N$2 miljoen betaal het.
“Die NSFAF het ingestem om die toestelle te gee op voorwaarde dat geen derde party betrokke was nie,” het die direkteur-generaal van die ACC, Paulus Noa, gesê.
Die saak is tot 1 November vir verdere ondersoek uitgestel.
Die ACC se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, het verlede week gesê hoewel slegs een individu tot dusver in hegtenis geneem is, is die ondersoek nog in ’n vroeë stadium.
“Dit is dus onbekend of nog mense in hegtenis geneem gaan word of nie. Ons sal wag tot die ondersoek afgehandel is,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie