Unam-studente besoek hooggeregshof
Die studenteraad van die Universiteit van Namibië (Unam) se regsfakulteit het Dinsdag die hooggeregshof in Windhoek besoek. Hoofregter Peter Shivute het die studente by die hof verwelkom. Die besoek bied studente die geleentheid om die land se hoofregter te ontmoet en meer oor howe se werksaamhede te leer. Dit is glo een van verskeie akademiese verbintenisse op Shivute se jaarlikse kalender. Shivute het die studente aangemoedig om hul reputasies te beskerm aangesien dit hul potensiële toekoms as regspraktisyns kan beïnvloed. Die voorsitter van die raad, Ndilimeke Haininga, het die Unam-afvaardiging van meer as 20 studente gelei. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie