UPM en PDM se saak van hofrol geskrap
Die hofstryd tussen die Popular Democratic Movement (PDM) en die United People’s Movement (UPM) het skielik tot ’n einde geloop nadat die saak vandeesweek uitgegooi is.
In ’n dringende hofaansoek het die UPM gepoog om die onttrekking van twee van sy lede aan die Nasionale Vergadering (NV) tersyde te laat stel en geëis dat hulle weer ingesweer moet word
Regter Boas Usiku het egter Dinsdag in die hoërhof in Windhoek beslis dat die aansoek nie dringend is nie en het gevolglik die saak van die hofrol geskrap.
Die UPM het op 27 Maart die aansoek gebring nadat dié party se president, Jan Johannes van Wyk, en sy medepartylid, Frans Josef Bertolini, op 6 Maart as lede van die NV onttrek is en deur twee lede van die PDM, Loide Iipinge en Katrina Benz, vervang is.
Die PDM het glo die onttrekking en vervanging bewerkstellig op grond van die UPM wat die onafhanklike presidensiële kandidaat, Ally Angula, in vanjaar se algemene verkiesing, ondersteun.
In 2019 het die UPM en PDM glo ’n alliansieooreenkoms van vyf jaar onderteken. Die UPM voer aan dat die ooreenkoms slegs voorsiening gemaak het vir die verkiesings in 2019 en dat die party nou enige politieke verhouding van sy keuse kan smee.
Dit is ook ingevolge dié ooreenkoms dat Van Wyk en Bertolini die setels beklee het.
In Van Wyk se verklaring het hy beweer die PDM het nie die reg gehad om hulle te vervang nie.
“Die UPM is ’n afsonderlike geregisteerde politieke party van die PDM en daarom kan die PDM nie UPM-lede ingevolge die Grondwet uit die Nasionale Vergadering onttrek nie,” het hy beweer.
Van Wyk het in sy verklaring aangevoer dat die aansoek dringend is aangesien die UPM finansiering per setel van die PDM ontvang het.
“Die party sal nie sy finansiële verpligtinge kan nakom nie. Die UPM het maandelikse finansiering van N$180 000 ontvang.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie