• Tuisblad
  • Howe
  • Uukwambi: Verdeeldheid lei tot dringende hofaansoek

Uukwambi: Verdeeldheid lei tot dringende hofaansoek

Hof verbied dat geleentheid plaasvind
Die tradisionele owerheid se dringende hofaansoek het verlede week geslaag.
Kristien Kruger
Die Uukwambi Tradisionele Owerheid het die hoërhof in Windhoek genader uit vrees dat geweld, ontwrigting en onenigheid binne dié gemeenskap sal ontstaan. Die uitspraak is Donderdag ten gunste van die tradisionele owerheid gelewer.

Die hoofman, Herman Iipumbu, het die dringende aansoek teen William Amwaama en Seblon Shivolo aanhangig gemaak op grond van die bewering dat hulle ’n geleentheid vir die afgelope naweek beplan het sonder die nodige toestemming van die tradisionele owerheid.

“Die gemeenskapslede is tans verdeeld oor die optrede van die respondente. Met hierdie verdeeldheid en verwarring sal die geleentheid beslis ontwrigting bring en sal vrede onder gemeenskapslede bedreig as dit toegelaat word om voort te gaan,” het Iipumbu in sy verklaring aangevoer.

Die hof het die groep verbied en weerhou om op 15 Augustus, of enige ander dag, as die dag vir die herdenking van die Uukwambi-hoofde te verklaar.

Ingevolge die hofbevel word hulle verder verbied om die “herdenking van die konings van Uukwambi”-geleentheid te hou wat op 17 Augustus by Okashana ka Abed Kandongo op Elim in die Oshikuku-distrik sou plaasvind. Die groep moet ook alle beplanning vir die geleentheid staak. Die hof het verder beslis dat die groep ook die regkoste vir die aansoek moet betaal.

AANSOEK

Iipumbu het aangevoer dat dié geleentheid, wat vir die afgelope naweek beplan was, soortgelyk is aan ’n geleentheid wat die tradisionele owerheid vir 9 September 2025 beplan.

Hulle beplan om ’n viering te hou om alle vorige hoofmanne van die gemeenskap te vereer. Dit was glo ook die tema van Amwaama en Shivolo se geleentheid.

“Die respondente [Amwaama en Shivolo] het nie toestemming om ’n geleentheid te hou soortgelyk aan die een wat die tradisionele owerheid beplan om op 9 September 2025 aan te bied nie. Hulle moes eers goedkeuring gekry het,” beweer Iipumbu in sy verklaring en voer verder aan dat die owerheid die mag het om tradisionele geleentheid in enige gebied binne sy jurisdiksie te weier.

Amwaama en Shivolo het die geleentheid beplan as deel van die “Aakwaniilwa yUukwambi Clan” wat volgens Amwaama se verklaring die “koninklike familie van die Aakwambi-konings is”.

“[Die geleentheid] sal waarskynlik tot geweld lei gegewe die opponerende stemme teen die aanbieding van die geleentheid deur lede van die ‘Aakwambi-komitee’ en diegene wat ten gunste van die onwettige geleentheid is,” het Iipumbu aangevoer.

Die tradisionele owerheid het glo vir Amwaama en Shivolo ingelig dat hulle nie gemagtig is om die geleentheid aan te bied nie en het hulle versoek om nie voort te gaan om dit te adverteer nie. Hulle het ook versoek dat die kansellasie van die geleentheid in die openbaar aangekondig word.

“Hulle is ingelig dat die geleentheid wat georganiseer is, ongemagtig is en in stryd is met die gesag van die owerheid. Dit sal moontlik onenigheid veroorsaak, asook die vrede en welsyn van lede van die gemeenskap versteur,” lui Iipumbu se verklaring.

Amwaama en Shivolo het die versoek geweier en voortgegaan met die beplanning en om die geleentheid te adverteer.

BYBEDOELINGS

Iipumbu was glo ook daarvan oortuig dat Amwaama en Shivolo se optrede daarop gemik is om gemeenskapslede te mislei en dat hulle dit na bewering as ’n rookskerm gebruik om hulle ware bedoelings te verdoesel.

“Die ware bedoeling is om die aanwysing van ’n nuwe ‘koning vir die Uukwambi-volk’ te mobiliseer en om so moontlik ’n persoon strydig met die bepalings van die wet aan te wys.

“Hulle bedoeling is nie om die Uukwambi-konings te eer nie, maar om ’n groep mense te mobiliseer om ’n hoofman onwettig aan te wys sonder die wettige kanale,” beweer Iipumbu.

Iipumbu het die hof versoek vir ’n interdik om die respondente te verhoed om die geleentheid aan te bied en dat alle voorbereidings daarvoor gestaak word.

LEIERSKAP

In Amwaama se verklaring beweer hy dat hulle nie bewus was van die tradisionele owerheid se planne om ’n geleentheid op 9 September 2025 aan te bied nie.

Hulle voer verder aan dat die wet nie ’n tradisionele gemeenskap verbied om geleenthede soos hierdie aan te bied sonder die goedkeuring van die hoofman nie.

Hy meen ook dat daar geen bewyse is dat die geleentheid geweld of onenigheid sal veroorsaak nie.

Met betrekking tot die bewerings dat hulle poog om ’n nuwe koning aan te wys, het Amwaama gesê dat gemeenskapslede geregtig is om op verandering in leierskap aan te dring.

“Daar is geen koning op die oomblik nie en ’n blote versoek vir ’n koning waar daar ’n vakante pos is, is nie ’n versoek vir geweld of chaos nie,” meen hy in sy verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.82 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.83 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 552.13/OZ UP +1.60% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.64% | Zinc US$ 2 869.10/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 72.60/BBP UP +2.09% | Platinum US$ 976.98/OZ UP +2.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.82 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.83 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 552.13/OZ UP +1.60% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.64% | Zinc US$ 2 869.10/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 72.60/BBP UP +2.09% | Platinum US$ 976.98/OZ UP +2.42%