Uutoni wil streekbeampte in Kunene uitskop
Dien aansoek by hoërhof in
Mnr. George Kamseb is in 2016 as hoofstreekbeampte geskors vir ongerymdhede, maar die Kunene-streekraad het hom in Mei 2021 heraangestel.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling eis dat die heraanstelling van mnr. George Kamseb as die hoofstreekbeampte van die Kunene-streekraad ongeldig verklaar moet word.
Mnr. Erastus Uutoni het in Oktober verlede jaar ’n saak teen Kamseb, die voorsitter van die bestuurskomitee van die Kunene-streekraad en die Kunene-streekraad in die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.
Uutoni eis dat die besluit wat op 31 Mei 2021 geneem is, om Kamseb weer as hoofstreekbeampte aan te stel, ongeldig verklaar moet word.
Hy versoek verder ’n hofbevel wat die respondente verplig om dié pos te heradverteer.
AGTERGROND
Kamseb is in Oktober 2008 vir ’n tydperk van vyf jaar as die hoofstreekbeampte aangestel.
Daarna is dit vir nóg vyf jaar – tot September 2018 – verleng.
Kamseb is volgens die minister se beëdigde verklaring op 18 Oktober 2016 vir twee jaar met volle betaling geskors en dié skorsing het geduur tot ná sy kontrak verstryk het.
“Die redes vir sy skorsing was onder meer omdat hy reise en verlof geneem het sonder die nodige goedkeuring van die voorsitter van die bestuurskomitee en hy het glo jaarlikse tenders verleng wat reeds verstryk het sonder die streekraad se goedkeuring.”
Ná sy skorsing het Kamseb ’n saak by die arbeidskommissaris aanhangig gemaak, maar die arbiter het sy saak op 12 April 2021 van die hand gewys weens die nienakoming van hofreëls.
Kamseb het ’n aansoek ingedien vir die terugtrekking van die afkeuring van sy eis, maar die aansoek is ook van die hand gewys.
Die bestuurskomitee het Kamseb weer op 31 Mei 2021 aangestel. Die besluit is na bewering op voorwaarde dat Kamseb alle geldelike eise teen die streekraad laat vaar. Hy is met onmiddellike effek vir twee jaar heraangestel.
“Ek [Uutoni] het op 14 Junie op die voorsitter van die bestuurskomitee van die Kunene-streekraad se brief gereageer en versoek dat die raad se besluit om Kamseb weer in diens te neem, onregmatig en nie ingevolge prosedure is nie. Die besluit oortree verskeie bepalings van die wet sowel as die bepalings van die Staatsdienswet van 1980.
“Ek het verder gelas dat sodanige besluit met onmiddellike effek geskrap moet word aangesien my goedkeuring nie gegee is soos deur die wet en die regulasies vereis word nie,” sê Uutoni in sy verklaring.
Kamseb het reeds aangedui hy gaan die saak teenstaan en die voorsitter van die bestuurskomitee en die streekraad beoog om ’n aansoek vir die tersydestelling van die hofaansoek in te dien.
Dié tussentydse aansoek moet voor of op 18 November by die hof ingedien word.
Partye het gister voor regter Esi Schimming-Chase verskyn vir statusverhoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie