• Tuisblad
  • Howe
  • Van Wyk glo groter rol gespeel in Fishrot-sage
Nigel van Wyk is tans uit op borgtog. Foto argief
Nigel van Wyk is tans uit op borgtog. Foto argief

Van Wyk glo groter rol gespeel in Fishrot-sage

Saak hervat in Junie
Die hofaansoek waarin Nigel van Wyk poog om sommige van die aanklagte teen hom tersyde te laat stel, duur steeds voort.
Kristien Kruger
“Hy [Nigel van Wyk] was veel meer as net ’n ratjie in die kriminele masjien.”

So het die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, in ’n verklaring gesê oor die enigste Fishrot-beskuldigde wat tans op borgtog vry is, Nigel van Wyk.

Van Wyk volhard steeds in sy poging om sekere aanklagte teen hom tersyde gestel te kry en het Dinsdag weer in die hoërhof in Windhoek verskyn vir sy saak teen Imalwa.

Hy beweer dat Imalwa verkeerdelik besluit het om hom te vervolg op agt van die aanklagte wat teen hom gebring is in die Fishrot-verhoor.

Die klagte sluit in geldwassery, rampokkery en diefstal, asook die oortreding van wette teen georganiseerde misdaad en teenkorrupsiewette.

GELD ONTVANG

In haar verklaring beweer Imalwa dat Van Wyk meer as N$1,9 miljoen van sy medebeskuldigdes en sommige van hul entiteite ontvang het.

“Dit weerspreek logika hoe my besluit om te vervolg irrasioneel en arbitrêr kon gewees het, want die beskikbare bewyse toon dat die bedrae wat die applikant ontvang het, opbrengs van misdaad was.”

Sy het verder aan gevoer dat daar ’n prima facie-saak teen Van Wyk is, wat genoeg gronde is vir ’n belsuit om hom op die betrokke aanklagte te vervolg.

In sy verklaring stem Van Wyk met Imalwa saam dat ’n prima facie-saak genoeg gronde is vir ’n besluit om te vervolg, maar ontken dat daar in sy geval genoeg bewyse is om ’n prima facie-saak uit te maak.

“Daar is nie ’n enkele getuie wat ’n verklaring aan die respondent [Imalwa] gegee het wat beweer dat ek geweet het of waarskynlik moes geweet het dat die bron van die fondse wat ek ontvang het van beweerde kriminele aktiwiteite was nie,” beweer Van Wyk.

Hy voer verder aan dat daar geen redelike basis was vir Imalwa se besluit om hom op die aanklagte te vervolg nie.

Hy meen dat hy die geld ontvang het as deel van sy indiensneming by Olea Investment cc – ’n entiteit wat sy medebeskuldigdes Sacky Shanghala en James Hatuikulipi besit.

“Om geld te ontvang is nie onwettig nie,” meen hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!