Van Zyl se borgtogverhoor uitgestel
Elizabeth //Kheibes - Die sakeman van Lüderitz, Erasmus (Poenie) van Zyl, se borgtogaansoek is tot 28 September uitgestel nadat hy Woensdag in die landdroshof op Lüderitz verskyn het.
Van Zyl staan tereg op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer – saamgelees met die bepalings van die wet op gesinsgeweld – omdat hy na bewering sy vrou vroeër vandeesmaand by verskeie geleenthede aangerand het.
Van Zyl, wat Reich’s Pharmacy in die suidelike kusdorp besit, is op Maandag 11 September in hegtenis geneem.
Sy skoonsuster het hom op ’n openbare platform daarvan beskuldig dat hy sy vrou mishandel het.
Sy het op 8 September in ’n sosialemediaplasing gesê Van Zyl het sy vrou uit hul huis gesluit, haar in die koue gelaat en haar by verskeie geleenthede erg geslaan – wat gelei het tot gebreekte bene in haar regterpols.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie