Alleged Luderitz abuser out on bail.edited
Alleged Luderitz abuser out on bail.edited

Van Zyl weer uit op borgtog

Henriette Lamprecht
Elizabeth Kheibes - Die bekende Lüderitz-sakeman Erasmus ‘Poenie’ Van Zyl wat aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig staar, is uit op borgtog nadat hy weer in hegtenis geneem is omdat hy sy borgvoorwaardes oortree het. Van Zyl is op borgtog van N$5 000 vrygelaat en het Woensdag weer in die landdroshof op Lüderitz verskyn. Sy saak is vir verdere ondersoek tot 19 Maart uitgestel. Buiten die aanrandingsklagte wat saam met die wet vir huishoudelike geweld gelees word, het Van Zyl ook 'n beperkingsbevel verontagsaam. Van Zyl wat die eienaar van die Reichs-apteek op die kusdorp is, is verlede jaar in September in die openbaar op sosiale media platforms deur sy skoonsuster Ria van der Schyff daarvan beskuldig dat hy haar suster (Van Zyl se vrou) onder meer by verskeie geleenthede ernstig aangerand het. Van sy borgtogvoorwaardes het ingesluit dat Van Zyl die dorp permanent moet verlaat. Dit is egter weens sy klaarblyklike swak gesondheid verslap. Hy moet ook elke Maandag by die hof aanmeld. Die polisie kon nie bevestig watter van die voorwaardes is verbreek nie.

Van Zyl en sy vrou is op 13 Januarie verlede jaar getroud en die aanrandings het volgens bronne kort daarna begin. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 20° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 19° | 34° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 21° | 37° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 14° | 23° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 30° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 15° | 21° Maseru: 15° | 27° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 17° | 27° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 18° | 21° #REF! #REF!