Verbintenis gevind tussen bewysstukke
Lichtenstrasser-moordverhoor
'n Forensiese wetenskaplike van NIFS het getuig dit is duidelik verskeie bewysstukke dui daarop dat 'n Beretta-pistool wat aan Lichtenstrasser behoort en die misdaadtoneel verbind kan word.
Nuwe bewyse het in die moordverhoor van mnre. Heimo Hellwig en Eckhart Mueller wat op 15 April 2019 op die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se kampus op Arandis doodgeskiet is, na vore gekom.
’n Verbintenis tussen ’n 9 mm Beretta-pistool wat Ernst Lichtenstrasser na bewering gebruik het, ’n patroondoppie en ’n koeëlpunt wat op die toneel gevind is, kon gemaak word.
Mnr. Kalipus Sem, ’n forensiese wetenskaplike van die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS), het getuig dit is duidelik verskeie bewysstukke dui daarop dat ‘n Beretta-pistool wat aan Lichtenstrasser behoort en die misdaadtoneel verbind kan word.
Dit kon vasgestel word met omvattende ondersoeke deur gebruik te maak van ’n tegniek van vergelykende mikroskopie.
Dit blyk uit die merke wat deur die wrywing van verskillende dele van die vuurwapen en die ammunisie agterlaat is dat dié spesifieke pistool, die koeëlpunte en -doppies wat op die toneel gevind is, afgevuur het.
Die vuurwapen is ongeveer 15 kilometer buite Arandis in verskeie dele met die pistool se holster in die grond begrawe gevind.
’n Wapensmid van die polisie het dit skoongemaak, aanmekaargesit en weer gereed gemaak vir gebruik.
Die vuurwapen is gelaai met patrone wat saam met die wapen gevind is en toetsskote is afgevuur.
Die mikroskopiese merke van die loop stem ooreen met dié van ’n koeël wat in ’n leer sigaretboksie in Hellwig se hempsak op die misdaadtoneel gevind is.
Gedeeltelike DNS-spore van Lichtenstrasser is ook op die wapen gevind.
Agt patroondoppies wat op die misdaadtoneel gevind is en ander doppies wat in Lichtenstrasser se huis op Otavi en by ’n vriend by sy skietbaan op ’n plaas naby Tsumeb gevind is, het almal onder die elektroniese vergelyk-mikroskoop identiese vrywingsmerke soos die toetsdoppies getoon.
Die merke wat die vuurpen op die slagdoppies gemaak het, is ongetwyfeld deur dieselfde vuurpen (Beretta-pistool) gemaak.
Die saak hervat Maandag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie