Die man wat van die moord op sy meisie beskuldig word, Jeremia Kooper. Foto Kristien Kruger
Die man wat van die moord op sy meisie beskuldig word, Jeremia Kooper. Foto Kristien Kruger

Verhoor oor grusame klipmoord hervat

Moord, verkragting, aanranding
Christina Kooper is in Oktober 2020 in die veld gelos nadat sy met 'n klip teen haar kop doodgeslaan is.
Kristien Kruger
’n Man wat na bewering sy 20-jarige meisie 18 keer met ’n klip geslaan het wat tot haar dood gelei het, beweer dit was uit selfverdediging.

Jeremia Nowaseb (38) het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die hervatting van die verhoor waarin hy teregstaan op die moord van Christina Kooper – sy destydse meisie en die ma van sy minderjarige dogter.

Nowaseb beweer dat hy en Kooper op die aand van 31 Oktober 2020 in ’n nedersetting in die omgewing van Aranos baklei het nadat sy erken het sy het saam met ’n ander man geslaap. Hulle was glo op pad huis toe vanaf ’n sjebien en beide was dronk.

“Uit skaamte het sy hom aangeval en hom met ’n klip teen sy kop geslaan,” het Nowaseb by monde van sy regsverteenwoordiger, Eliaser Shiikwa, gesê.

Hy beweer verder dat hy daarna dieselfde klip opgetel het en haar daarmee geslaan het. Hy het haar glo daarna gehelp en tot onder ’n boom gedra, waarna sy vir hom gesê het sy is dors. Hy het glo vir haar water gaan haal en met sy terugkoms was sy dood.

Dié weergawe is in teenstelling met ’n bekentenis wat Nowaseb ná die voorval afgelê het. In die bekentenis wat gister in die hof voorgelees is, het hy verduidelik met sy terugkoms by die boom was sy weg. Hy het haar daarna by die polisie as vermis aangemeld.

Kooper se liggaam is eers ’n paar dae later gevind en Nowaseb is gevolglik in hegtenis geneem.

Nowaseb het gister aangevoer hy was ná die voorval in “’n toestand van skok en paniekerig nadat hy haar lewelose liggaam onder die boom gesien het.” Hy kan na bewering nie veel onthou van wat daarna gebeur het nie.

Shiikwa het benadruk dat Nowaseb haar nie met opset doodgemaak het nie.

VERKRAGTING

Nowaseb staan ook tereg op een klag van verkragting omdat hy glo op pad terug van die sjebien - voor Kooper erken het sy het met iemand anders geslaap - vir haar gesê het hulle moet seks hê sodat hy kan uitvind of sy hom verneuk het.

“Iets was anders in haar optrede,” het hy in die bekentenis gesê en bygevoeg dit het hom glo oortuig dat sy saam met iemand anders geslaap het. Hy het egter gister, by monde van Shiikwa, hierdie weergawe ontken.

Verder staan Nowaseb ook tereg op een klag van aanranding en dwarsboming van die gereg.

GETUIES

Twee staatsgetuies het gister die getuienisbank ingeneem.

Die eerste was Simon Petrus Hawanga, by wie Nowaseb sy bekentenis afgelê het, en die tweede was Job Mouton wat ’n fotoplan en notas saamgestel het van die gebeure die dag waarop Nowaseb vir die polisie die plek gewys het waar die beweerde moord plaasgevind het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!