• Tuisblad
  • Howe
  • ‘Verkragter’ eis meer inligting oor klagte
Foto argief
Foto argief

‘Verkragter’ eis meer inligting oor klagte

Iréne-Mari van der Walt
“Weens ’n gebrek aan ’n beter woord – ons is kaal. Ons het alles gegee wat ons het. Daar is eenvoudig nie nóg inligting om aan die beskuldigde bekend te maak nie.”

Dit was die staatsaanklaer Felistas Sikerete se woorde aan regter Naomi Shivute in die verhoor van ’n pensioenaris en sy medebeskuldigde wat teregstaan op 15 klagte wat verband hou met die beweerde verkragting van ’n 11-jarige meisie by Noordoewer.

Dirk von Weidts (72) en Arrie Jors (ouderdom onbekend) staan onder meer tereg op aanklagte van verkragting, kinderhandel en ontvoering weens die beweerde voorvalle wat glo tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 plaasgevind het.

Von Weidts dring daarop aan dat die staat meer besonderhede rakende die klagte teen hom moet verskaf. Hy beweer die gebrek aan inligting maak dit moeilik vir hom en sy regsverteenwoordiger, Percy NcNally, om die klagte teen te staan.

“Die beskuldigde word deur ’n magdom kwessies gekonfronteer, maar die besonderhede word nie aan hom verskaf nie,” het McNally aan Shivute gesê.

Sikerete het geargumenteer dit is nie die staat se verantwoordelikheid om die beskuldigde, wat deur ’n gekwalifiseerde prokureur verteenwoordig word, oor die wet in te lig nie.

“Dit is duidelik dat die staat bewyse sal bring. . . ’n Beskuldigde is nie geregtig daarop om al die besonderhede te weet nie,” het sy gesê.

NUWE VOORVALLE

Die Namibiese polisie het gister gesê nog ’n elfjarige meisie in graad 5 is glo deur ’n volwasse man in Oniipa in die Oshikotostreek verkrag.

Die verdagte het na bewering die meisie met ’n vuurwapen gedreig en haar daarna verkrag. Hy het haar glo ook dié week by haar skool met ’n vuurwapen gedreig om haar te keer om haar ma van die beweerde verkragtingsvoorval te vertel.

’n Sewentienjarige seun in die Ohangwenastreek het ook volgens die polisie sy negejarige biologiese suster verkrag. Die seun is in hegtenis geneem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!