• Tuisblad
  • Howe
  • Verkragter kan teen 68 jaar-vonnis appelleer
Koshuisopsigter en reeksverkragter, mnr. Mervin Nguyapeua. Foto Argief.
Koshuisopsigter en reeksverkragter, mnr. Mervin Nguyapeua. Foto Argief.

Verkragter kan teen 68 jaar-vonnis appelleer

Skuldig bevind op 32 klagte van verkragting
Die hoërhof het Dinsdag 'n reeksverkragter wat skoolseuns geteiken het, toestemming gegee om teen sy vonnisoplegging te appelleer.
Kristien Kruger
’n Koshuisopsigter wat talle skoolseuns verkrag het en in Maart vanjaar 68 jaar tronkstraf opgelê is, se aansoek om verlof tot appèl om teen sy vonnisoplegging in die hooggeregshof te appelleer, is Dinsdag toegestaan.

“Die staat beweer dit is ’n gepaste vonnis, maar ek stem nie saam nie. Ek glo daar is ’n groot waarskynlikheid dat ’n ander hof tot ’n ander beslissing kan kom,” het regter Kobus Miller Dinsdag in die hoërhof in Windhoek gesê.

Mervin Nguyapeua (53) was ’n opsigter by ’n skool op Otjiwarongo se seunskoshuis. Hy is reeds in 2016 in hegtenis geneem en is op 20 Oktober 2020 skuldig bevind op 32 klagte van verkragting.

Die slagoffers was almal tussen die onderdomme van 13 en 16. Sommige van die seuns is meer as een keer verkrag.

Die staatsaanklaer, me. Seredine Jacobs, het tydens Dinsdag se verrigtinge gesê sy stem nie met Miller saam nie en dat die staat glo dit is ’n gepaste vonnis wanneer die minimum vonnis vir verkragting en die aantal slagoffers in ag geneem word.

Miller het ten spyte hiervan die aansoek om appèl goedgekeur en Nguyapeua sal binnekort die hooggeregshof nader om sy vonnisoplegging te hersien.

TRONKSTRAF VAN 68 JAAR

Regter Alfred Siboleka het op 8 Maart die vonnis opgelê en gesê die erns van die oortreding verdien ’n swaar vonnis.

“Die samelewing is woedend oor die seksuele besoedeling van skoolkinders, selfs erger wanneer hierdie euwels deur 'n ouer persoon soos die beskuldigde gepleeg word. In die oë van die samelewing is die beskuldigde 'n ouer in eie reg,” lui Siboleka se uitspraak.

Hy het die koshuisseuns op verskillende dae en tye na sy huis genooi en pornografie aan hulle gewys. Dit is glo gebruik om die seuns seksueel in versoeking te bring waarna hy hulle seksueel aangerand het.

’n Sielkundige wat met die slagoffers gewerk het, het tydens die verhoor getuig en gesê die kinders is getraumatiseer en dat die gebeure op die lang termyn ’n negatiewe impak op hul lewens sal hê.

GEEN VERTEENWOORDIGING

Nguyapeua het aansoek om regshulp gedoen, maar dit is Dinsdag bekend gemaak dat sy aansoek van die hand gewys is.

Die rede was dat die aansoek geen meriete dra nie. Geen verdere verduideliking is verskaf nie.

Nguyapeua het versoek dat ’n vriend van die hof aangestel word om hom te verteenwoordig.

Nguyapeua het tydens sy verhoor verskeie regshulpverteenwoordigers gehad wie se dienste hy een na die ander beëindig het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!