Twee regters het onlangs beslis dat ’n man wat skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 13-jarige, nie meer 30 jaar agter tralies sal deurbring nie, maar slegs 20 jaar. Foto Argief
Twee regters het onlangs beslis dat ’n man wat skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 13-jarige, nie meer 30 jaar agter tralies sal deurbring nie, maar slegs 20 jaar. Foto Argief

Verkragter se vonnis met 10 jaar verkort

Appèlaansoek gedeeltelik suksesvol
Die hoërhof het 'n veroordeelde kinderverkragter se 30 jaar vonnis na 20 jaar verminder.
Kristien Kruger
’n Veroordeelde kinderverkragter wat 30 jaar tronkstraf opgelê is, sal nou net 20 jaar agter tralies deurbring nadat die hoërhof in Windhoek sy vonnis aangepas het.

Dit volg nadat die veroordeelde verkragter, Lupandu Hofeni, ’n aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding en vonnisoplegging gebring het wat gedeeltelik suksesvol was.

Hofeni is in die streekhof op Katima Mulilo skuldig bevind aan twee klagte van verkragting en is tot 15 jaar tronkstraf vir elke klag gevonnis.

Die streekhof het ná die verhoor bevind die klaer se weergawe was geloofwaardig en dat Hofeni haar uitgebuit het om sy seksuele begeertes te bevredig deur vir haar geld te gee.

“Die appellant [Hofeni] het elke keer geld vir haar gegee wanneer hy seksuele omgang met haar gehad het. Hy het vir haar gesê om nie vir haar vriende of haar ma te sê nie. Hy het vir haar ’n saamrygeleentheid aangebied en vir haar skyfies gegee. Die hof meen dit was ‘’n duidelike modus operandi van ’n pedofiel’.”

“Die hof het geredeneer dat dit die klaagster voorberei het op die seksuele daad, wat verduidelik hoekom sy geen beserings opgedoen het nie.”

TRONKSTRAF VERMINDER

Hoewel regter Christie Liebenberg, met regter Herman January saamstem, en Hofeni se appèl teen sy skuldigbevinding van die hand gewys het, het hy beslis dat tien jaar van die tweede klag se vonnis, samelopend met die eerste klag se vonnis uitgedien moet word.

Hofeni sal daarom effektief 20 jaar agter tralies wees, in plaas van 30 jaar.

“Dit is my oorwoë standpunt dat ’n vonnis van 30 jaar gevangenisstraf nie in verhouding is tot die appellant [Hofeni] se blaamwaardigheid nie.”

“Ek is verder tevrede dat dit nie afbreuk sal maak aan die erns van die misdade wat gepleeg is deur die effektiewe tydperk wat die appellant moet uitdien, te verkort nie. Indien dit nie gedoen word nie, is die vonnis wat opgelê is, onredelik en onbillik,” lui die uitspraak wat verlede week in die hoërhof gelewer is.

Liebenberg het ook daarop gewys dat die streekhof se uitspraak slegs uit nege bladsye bestaan het waarvan meer as sewe bladsye toegewy is aan die opsomming van getuienis wat gelewer is.

“Die hof se redenasie en gevolgtrekkings is in slegs ’n halwe bladsy saamgevat waaruit dit duidelik is dat die verhoorhof nie die bewyse behoorlik geëvalueer het nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!