Verkragter verloor appèl teen sy skuldigbevinding
‘Sy het hom lank geken’
Die hoërhof in Windhoek het beslis dat die klaer hom positief as haar verkragter uitgeken het.
“Die betrokke aand het sy [haar verkragter] herken in die lig wat in haar kamer geskyn het. Hy het aan die begin met haar gepraat en vir haar gesê, ‘moenie skree nie’, terwyl hy sy hand oor haar mond gesit het.”
Só het regter Claudia Claasen Dinsdag gesê in haar uitspraak oor ’n appèlaansoek waarin ’n man beweer dat hy verkeerdelik aan verkragting skuldig bevind is.
Johannes Kangango ontken steeds ten sterkste dat hy ’n bejaarde vrou in Februarie 2019 op Gochas op haar bed vasgedruk en haar gewelddadig verkrag het. Hy is in September verlede jaar in die streekhof op Mariental tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
Hy het onlangs teen sy skuldigbevinding in die hoërhof in Windhoek geappelleer op grond van die bewering dat die landdros wat sy saak aangehoor het tekortkominge in die klaer se getuienis oor die hoof gesien het en haar verkeerdelik as betroubaar bestempel het.
Kangango het in sy hofstukke verskeie bewerings gemaak, onder meer dat die klaer hom verkeerdelik geïdentifiseer het.
‘DOOF, BLIND EN DRONK’
Hy het aangevoer dit was waarskynlik donker in haar sinkhuis en die klaer is glo blind in haar een oog en kan net gedeeltelik uit haar ander oog sien.
Kangango het ook bevraagteken dat die vrou sy stem kon herken het aangesien sy glo doof is. Hy het ook aangevoer dat een van die staatsgetuies gesê het die klaer was die aand van die verkragting baie dronk.
Hy het in sy aansoek aangevoer dat die klaer slegs een getuie was wat oor die voorval kon getuig het en haar getuienis het glo verskeie tekortkominge gehad.
Op grond daarvan het Kangango aangevoer dat die landdros nie haar getuienis as betroubaar kon beskou nie.
Hy het verder daarop gewys hy het ’n alibi vir die betrokke aand gehad en dat sy vriend in die hof bevestig het hulle was saam ten tyde van die verkragting.
Hy meen die landdros het ’n fout begaan deur sy alibi-verweer, wat deur ’n getuie bevestig is, te verwerp en die klaer se weergawe van gebeure, wat glo nie deur staatgetuies gestaaf is nie, eerder as die waarheid te aanvaar.
‘SY HET HOM GEKEN’
Claasen het egter in die appèlaansoek beslis dat die klaer se getuienis geloofwaardig was en het gevolglik Kangango se aansoek van die hand gewys.
“Die klaer was 'n enkele getuie van die verkragting. Haar getuienis aangaande die identifikasie van die appellant was in alle wesenlike opsigte duidelik.
“Dit was nie ’n situasie waarin die aanvaller ’n vreemdeling vir die klaer was of sy hom net ’n paar keer gesien het nie. Sy het getuig dat die appellant feitlik voor haar grootgeword het.
“Sy het hom dus lank geken en kon hom in alle opsigte herken,” lui Claasen se uitspraak.
Die regter het ook in haar uitspraak daarop gewys dat baie van die gronde in die appèlaansoek langdradig en herhalend was.
“Sekere gronde is nie duidelik nie en vat dit wat ter sprake is nie bondig vas nie. Verskeie gronde kom neer op blote kritiek en gevolgtrekkings.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie