• Tuisblad
  • Howe
  • Verkragter wil appelleer teen vonnis van 45 jaar
Foto argief
Foto argief

Verkragter wil appelleer teen vonnis van 45 jaar

Kristien Kruger
Die man wat in 2010 ’n vrou sewe keer met ’n mes in die rug gesteek en toe verkrag het voor hy haar vir dood agtergelaat het, wil nou teen sy vonnis van 45 jaar tronkstraf in die hooggeregshof appelleer.

Axarob Basson was ’n plaaswerker in die Mariental-omgewing voor hy in hegtenis geneem is en het in die hoërhof in Windhoek skuldig gepleit op aanklagte van moord, verkragting en huisbraak.

Regter Naomi Shivute het Basson tot effektiewe 45 jaar gevangenisstraf gevonnis – 30 jaar vir moord en 15 jaar op aanklagte van verkragting en huisbraak met die bedoeling om te verkrag.

Volgens Basson se destydse skuldigbevinding het hy die oorledene geken en was hy die aand wat sy vermoor is saam met haar in die plaashuis.

Hy het seksuele toenadering by haar gesoek, wat sy verwerp het. Hy het die huis verlaat, maar het later teruggekom.

“Hy het sy klere uitgetrek om nie in die donker raakgesien te word nie.

Luidens die hofstukke het Basson by ’n oop venster ingeklim terwyl die oorledene geslaap het. Hy het na haar slaapkamerdeur gestap, maar dit was gesluit.

Die oorledene het glo wakker geword van die geluide en uit haar kamer gekom om te kyk wat aangaan.

Basson het toe in die kombuis gaan wegkruip.

“Toe die oorledene naderkom, het hy ’n mes uitgehaal en haar sowat sewe keer in die rug gesteek.

“Die oorledene het neergeval en erg gebloei. Die beskuldigde het seksuele omgang met haar gehad en toe hy klaar was, het hy haar gelos om dood te gaan.

“Hy het daarna die bosse ingevaar waar hy ’n paar nagte deurgebring het voor hy in hegtenis geneem is,” lui die vonnisoplegging.

Basson het gister voor Shivute in die hoërhof in Windhoek verskyn vir sy aansoek om verlof tot appèl om teen sy vonnisoplegging in die hooggeregshof te appelleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!