‘Verkragters’ se verhoor begin volgende jaar
Aansoek vir meer inligting misluk
Die twee mans wat teregstaan op verskeie aanklagte van verkragting en mensehandel se saak sal op 4 Maart 2024 begin.
’n Pensioenaris en sy medebeskuldigde wat van die verkragting van ’n 11-jarige meisie beskuldig word, se verhoor is verlede week geskeduleer om in Maart 2024 te begin.
Dirk von Weidts (72) en Arrie Jors (46) het na bewering die meisie tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 naby Noordoewer op meer as een geleentheid seksueel misbruik. Die meisie is glo na die mans se onderskeie huise geneem en beide die beskuldigdes het haar na bewering afsonderlik verkrag.
Tydens Donderdag se verskyning voor regter Naomi Shivute in die hoërhof in Windhoek, is Von Weidts se aansoek vir meer inligting oor die klagte teen hom, van die hand gewys.
Hy het aansoek gedoen vir die staat om meer inligting te verskaf as die inligting wat in die klagstaat vervat is. Hy het geëis dat die staat meer besonderhede moet verskaf in terme van die datum en plek waar die beweerde verkragtings plaasgevind het.
Hy het ook die inligting versoek waarop die staat gesteun het in hul bewerings dat hy die minderjarige meisie gedwing, gewerf of aangehou het, asook die “dwingende (coercive) omstandighede” waaronder die misdryf glo plaasgevind het en die fisieke krag wat die staat beweer hy gebruik het om haar te verkrag.
Hy het aangevoer die inligting sal hom help om vir die verhoor voor te berei.
Shivute het egter beslis dat die saak se dossier reeds aan hom bekendgemaak (disclose) is en die staat geen verdere inligting hoef te verskaf nie.
Von Weidts en Jors sal na verwagting op 4 Maart moet pleit op die 15 klagte waarop hulle teregstaan. Dit sluit in vyf klagte van mensehandel aangesien hulle na bewering die meisie onwettig gewerf en/of ontvang (receive) en/of aangehou (harbour) het deur middel van dwang, misleiding of uitbuiting. Die mans staan ook tereg op altesaam vyf klagte van verkragting.
Verder staan hulle tereg op een klag van onsedelike aanranding en vier klagte vir die pleeg of poging om ’n onsedelike daad op ’n minderjarige te pleeg.
Von Weidts het reeds aangedui dat hy beplan om onskuldig te pleit op die klagte teen hom.
Die verhoor is geskeduleer om vanaf 4 tot 16 Maart te duur. Jors is in aanhouding en Von Weidts is vry op borgtog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie