Verkragtingslagoffer in die getuienisbank
Geen verteenwoordiging
Die man wat beskuldig word van die verkragting van vyf vroue in die Gobabis-omgewing, se verhoor vorder goed.
“Moet nie skree nie, anders steek ek jou.”
Dit is wat mnr. Richard Kennedy Hoaseb, wat teregstaan op vyf klagte van verkragting, na bewering vir een van sy slagoffer gesê het terwyl hy ’n kombuismes vasgehou het.
Die slagoffer moes Woensdag die hofsaal met haar beweerde verkragter deel terwyl sy in die hoërhof in Windhoek teen hom getuig het.
Hoaseb het tussen 2015 en 2017 na bewering vyf vroue in nedersettings rondom Gobabis verkrag nadat hy hulle beroof het.
Tydens Woensdag se getuienis het die slagoffer vertel hoe hy haar helder oordag in Desember 2017 met ’n mes gedreig, haar selfoon gevat en haar verkrag het.
“Lê op die grond en trek jou klere uit,” het hy glo vir haar gesê.
Nadat hy haar na bewering verkrag het, het hy vir haar opdrag gegee om hom na buite te volg. Sy het eers saam hom gegaan, maar toe gevra waarheen hy haar vat. Hy het na die bosse gewys.
“Jy het my dan klaar verkrag. Wat wil jy nou doen? My doodmaak?” het sy glo aan hom gevra.
Volgens haar getuienis het hy haar daarna gelos en sy het gehaas om hulp te soek. Sy het na die toneel teruggekeer in die teenwoordigheid van twee mans wat sy in die straat teëgekom het.
Die beskuldigde was reeds weg en hulle kon hom nie opspoor nie.
Die slagoffer het verder getuig die polisie het haar later gekontak om die man by die polisiekantoor uit te ken.
“Daar was sowat 15 mans wat in ’n ry gestaan het. Almal om en by dieselfde lengte en velkleur.
“Toe ek instap het ek hom dadelik erken. Ek het begin huil en vir die polisie gewys wie hy is,” het sy getuig.
Hoaseb het in die verloop van sy verhoor reeds drie regshulpverteenwoordigers se dienste beëindig. Hy is tans sonder verteenwoordiging en behartig sy eie verdediging.
Die staatsaanklaer is mnr. Palmer Khumalo.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie