• Tuisblad
  • Howe
  • Vermeende dwelmsmous appelleer borgtoguitspraak

Vermeende dwelmsmous appelleer borgtoguitspraak

Kristien Kruger
’n Man wat teregstaan op klagte van dwelmhandel nadat dagga ter waarde van oor die N$8 miljoen in ’n vragmotor gevind is, appelleer nou die weiering van sy borgtogaansoek.

Dornaven Tjazerua is in Mei vanjaar by die Gobabis-landdroshof borgtog geweier en het nou die hoërhof in Windhoek genader met ’n appèlaansoek teen dié beslissing.

Tjazerua was destyds ’n vragmotorbestuurder vir Cross-Country Transportation. Hy het op 11 November 2023 ’n vragmotor by die Trans-Kalahari-grenspos tussen Namibië en Botswana gelos en Namibië binnegekom om die volgende dag ’n begrafnis by te woon.

Nadat dwelms in die vragmotor gevind is, was Tjazerua deur sy baas gekontak wat hom aangemoedig het om homself aan owerhede oor te gee. Hy het dit nie gedoen nie en is 'n maand en 19 dae later by die Ohamutue-reservaat in hegtenis geneem.

APPÈL

Hy beweer dat die betrokke landdros wat sy borgtogaansoek van die hand gewys het, ’n fout gemaak het en voer aan dat die staat se saak gebaseer is op ongegronde bewyse.

Hy meen die ondersoekbeampte was die enigste staatsgetuies en dat die staat nie daarin geslaag het om waardevolle of waarskynlike bewyse teen hom te lewer nie. Hy beweer die staat het nie ’n sterk saak teen hom nie.

“Die staat se getuienis teen die appellant [Tjazerua] is grootliks omstandigsgetuienis en die staat steun op swak, onbetroubare getuienis van 'n enkele getuie wat die ondersoekbeampte is. Sonder konkrete bewyse wat die appellant direk met die saak verbind, verloor die staat se standpunt sy krag,” lui Tjazerua se hoofbetoë.

Tjazerua beweer verder dat die hof verkeerdelik bevind het dat sy vrylating op borgtog nie in openbare belang sal wees nie en dat daar toepaslike borgtogvoorwaardes ingestel kon word.

“Daar word met respek aangevoer dat die toestaan van borgtog nie geregtigheid sal benadeel nie en die hof kan geskikte voorwaardes in plek sit om enige risiko te kniehalter.”

Die staat staan die appèlaansoekaansoek teen en voer aan dat die ondersoekbeampte genoegsame en oortuigende getuienis gelewer het vir die doel van die borgtogaansoek.

Hulle meen die regter het sy diskresie korrek toegepas in die weiering van die borgtogaansoeke en dat daar geen rede is om by die beslissing in te meng nie.

“Wanneer die erns van die oortreding en die straf wat die beskuldigdes moontlik gaan kry in ag geneem word, sal dit nie in openbare belang of die belang van geregtigheid wees om hom op borgtog vry te laat nie,” lui die staat se hoofbetoë.

Partye het Donderdag in die hoërhof in Windhoek verskyn en die saak in uitgestel tot 25 Oktober vir verdere voorverhoorverrigtinge.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!