Vermeende stropers verskyn weer Vrydag

Iréne-Mari van der Walt
Nadat twee vermeende gewoontemisdadigers, Hermanus Kharugab en Ashley Eiseb, Vrydag in die Okahandja-omgewing vasgetrek is vir onder meer onwettige jag, het dit aanvanklik gelyk asof die mans nie in die hof op Seeis sou kon verskyn nie.

Dit aangesien ’n aanklaer glo nie vervoer vanaf Windhoek tot by die hof gehad het nie.

’n Lid van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum het gesê ’n boer wat in die hof teenwoordig was, het vir die aanklaer se vervoer gesorg.

Die prokureur, Milton Engelbrecht, het verduidelik ’n beskuldigde moet binne 48 uur ná sy/haar inhegtenisname – naweke uitgesluit – in die hof verskyn. Indien dit nie gebeur nie moet die klagte teen die beskuldigde teruggetrek word.

Kharugab en Eiseb het gevolglik in die hof verskyn en is aangekla vir onder meer onwettige jag.

Die lid van die misdaadvoorkomingsforum sê baie stropers in hulle omgewing verkies om wild te jag eerder as om boere se beeste te slag, aangesien die vonnis daarvoor minder is.

“Hy is vir ons ’n groot probleem,” sê dié bron van Eiseb, wie se saak tot Vrydag uitgestel is.

“Meeste mense wat ons kry, ken ons teen die tyd al – dit is altyd dieselfde mense,” sê die bron nadat nóg ’n vermeende stroper Maandag gevang is.

“Dis ’n outjie wat ons al lankal pla. Hy is al vantevore op Seeis toegesluit omdat ons hom met ’n gesteelde 5 000 liter-tenk gevang het en daar was nog gemsbokke agterop die voertuig ook,” sê die bron. Volgens die persoon is hulle groep ingelig oor ses stropers wat bedrywig was tussen Vrydag en Sondag.

“Ons ken nogal baie van hulle en ons maak ’n punt om hulle te onthou, want hulle kom elke keer los omdat hulle skuldig pleit en dan ’n boete kry. Omdat hulle skuldig pleit, is almal tog te bly dat die saak opgelos is en daarom word daar nie gekyk of daar vorige klagte teen hulle is nie.”

Die persoon sê die teenwoordigheid van boere wat deur stropery geraak is, sorg wel sorg dat die ander kant ook in ag geneem word.

“Hierdie keer het ons ’n optog met boere in die omgewing gereël en ek dink dit maak ’n verskil om die boere ook daar te hê, want nou word daar na hulle ook geluister.”

Die ministerie van justisie het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!