Vermeende verkragters hoor in Junie hul lot
Regter Naomi Shivute sal na verwagting op 11 Junie uitspraak in die hoërhof in Windhoek lewer in die saak teen Dirk von Weidts (73) en sy medebeskuldigde, Jors Arrie (46).
Die duo word daarvan beskuldig dat hulle sowat vyf jaar gelede ’n 11-jarige meisie naby Noordoewer herhaaldelik seksueel uitgebuit het.
Von Weidts, wat uit is op borgtog, en Arrie staan gesamentlik tereg op 15 aanklagte, waaronder vyf aanklagte van verkragting en vyf aanklagte van kinderhandel.
Die bykomende aanklagte sluit in een klag van onsedelike aanranding en vier aanklagte van die pleeg of poging om ’n onsedelike daad op ’n minderjarige te pleeg.
FINALE BETOË
Tydens Dinsdag se hofverrigtinge waar finale betoë voor uitspraak gelewer is, het Von Weidts se prokureur, Percy McNally, volgehou daar is geen geloofwaardige bewyse wat die 11-jarige meisie se bewerings teen sy kliënt ondersteun nie.
Die 11-jarige het getuig dat die twee mans – by afsonderlike en verskeie geleenthede tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 – “hul geslagsdele en vingers in haar vagina gedruk en aan haar borste gesuig het”.
Volgens McNally, ten spyte van die feit dat twee volwasse mans hul wysvingers in haar vagina gedruk het, was haar maagdevlies nie geskeur nie. “Daar word met respek aangevoer dat so ’n bewering rasionele oortuiging weerspreek.”
Dr. Hagen Fortsch het ook getuig hy het ’n sterk vermoede dat Von Weidts in 2020 aan erektiele disfunksie gely het.
“Dit staaf nie die bewering deur die slagoffer dat hy haar versoek het om aan sy geslagsdeel te raak totdat hy ’n ereksie kry nie,” het McNally gesê.
‘STERK SAAK’
Die staatsaanklaer, Anna Amukugo, het egter gesê die staat het ’n sterk saak al dui mediese verslae aan dat die slagoffer geen beserings aan haar privaat dele gehad het ten tyde van die mediese ondersoek nie.
“Die slagoffer is twee maande ná die voorvalle ondersoek, teen daardie tyd het sy dalk begin genees.
“Dit moet egter nie gesien word as ’n rede om die erns van wat aan haar gedoen is, af te maak nie,” het sy aan die hof gesê.
Arrie se prokureur, Joseph Andreas, het aan die hof gesê sy kliënt is onskuldig, want selfs die mediese verslag wat as bewysstuk ingedien is, dui duidelik daarop die klaagster se maagdevlies was normaal en daar is geen abnormaliteite tydens die ondersoek deur die mediese dokter opgespoor nie.
Hy het verder gesê daar is niks wat daarop dui dat twee volwasse mans die klaagster seksueel aangerand het nie.
“Die klaagster het tydens kruisondervraging in die hof erken dat sy vir haar ma, die polisiebeampte en die maatskaplike werker gejok het.
“In wese het die klaagster vier verskillende weergawes van gebeure aan hierdie hof verskaf, naamlik: haar verklaring aan die polisie, haar weergawe aan haar ma, haar getuienis in die hof, en haar verklarings aan die maatskaplike werker.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie