Die Fishrot-beskuldigdes. Foto argief
Die Fishrot-beskuldigdes. Foto argief

Verstaan jy wat jy doen? vra Shanghala

Bevraagteken bevoegdheid van aanklaer-generaal
Die Fishrot-beskuldigdes het glo doelbewus 'n Memorandum van Verstandhouding tussen Namibië en Angola wanvoorgestel en dit valslik as 'n wettige, regsbindende ooreenkoms beskryf.
Rita Kakelo
Dag twee van die Fishrot-beskuldigdes se pleitverrigtinge is gekenmerk deur verskeie onderonsies tussen die beskuldigdes, die staatsaanklaer en regter Moses Chinhengo.

Die beskuldigdes het toenemend gefrustreerd geraak namate aanklagte sewe tot tien teen hulle voorgelees is. Sacky Shanghala het indirek die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se bevoegdheid bevraagteken in die samestelling van die lys van misdrywe in haar klagstaat.

Met aanklag agt het die staat, verteenwoordig deur Ed Marondedze, Ricardo Gustavo, James Hatuikulipi, Shanghala, die voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo daarvan beskuldig dat hulle doelbewus ’n Memorandum van Verstandhouding tussen Namibië en Angola wanvoorgestel het en dit valslik as ’n wettige, regsbindende ooreenkoms beskryf het.

Dié wanvoorstelling was deel van wat die staat beskryf het as ’n “sindikaat” wat ontwerp is om toegang tot viskwotas te verkry in stryd met wetlike vereistes.

Die gebruik van die woord “sindikaat” het ’n uitbarsting by Shanghala uitgelok wat die staat en Imalwa gekritiseer het vir ’n beweerde gebrek aan begrip toe die aanklagte teen hulle opgestel is.

“Jy moet verduidelik wat jy met sindikaat bedoel. Jy weet, sommige van ons is geleerd en verstaan die betekenis van woorde. Wanneer dit losweg gebruik word deur mense wat dit nie doen nie, vra ons vrae,” het ’n oënskynlik aggressiewe Shanghala gesê.

Esau het homself verdedig deur te beweer dat dit in sy voormalige rol as die minister van visserye en mariene hulpbronne onmoontlik sou wees om viskwotas toe te ken soos die staat beweer.

“Ek het nie kwotas toegeken nie en dit is nie iets wat jy sommer ‘oor die toonbank’ doen nie,” het Esau gesê.

Ten spyte van hul verduidelikings en besware teen die aanklagte het regter Moses Chinhengo bloot daarop gefokus of die beskuldigdes die aanklagte wat aan hulle voorgelees is, verstaan het.

Hy het ’n pleit van onskuld namens Shanghala ingedien, terwyl Esau ook onskuldig gepleit het.

Die ses beskuldigdes het na bewering ook minder inkomste verklaar as wat hulle werklik uit viskwotas verdien het en het glo ook Esja Holdings as ’n kanaal gebruik om winste weg te steek.

Na bewering is groot bedrae geld uitgelaat, met sommige daarvan wat na buitelandse rekeninge in Dubai en verskeie ander lande gevloei het.

In totaal het die beskuldigde na bewering versuim om sowat N$30,3 miljoen (ongeveer US$4,1 miljoen) te verklaar, wat gelei het tot ’n belastingrekening van sowat N$9,7 miljoen vir 2014. Die onderrapportering het van 2014 tot 2019 voortgeduur.

Veral Gustavo het na bewering meer as

N$21,9 miljoen nie verklaar nie, wat gelei het tot ’n belastingrekening van sowat N$7,5 miljoen. James Hatuikulipi het glo nie N$52,5 miljoen verklaar nie en skuld na bewering byna N$19,4 miljoen aan belasting.

Tot dusver is nog geen skulderkenning deur enige van die beskuldigdes ingedien rakende die korrupte manier van vergoeding (corruptly giving gratification) (sewende aanklag), bedrog (agtste aanklag), sameswering om bedrog te pleeg (alternatief tot aanklag agt), diefstal (alternatief tot aanklag agt), bedrog of belastingontduiking (aanklag nege) of die versuim om belastingopgawes te verskaf (alternatief vir aanklag nege), of bedrog (belastingontduiking) die tiende klag teen hulle nie.

Die saak is tot vandag uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!