Veteraan faal in saak vir toelaes

Uitspraak Vrydag gelewer
Die hoërhof het Vrydag Alex Kamwi se hofaansoek van sowat N$118 000 in toelaes, van die hand gewys.
Kristien Kruger
Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Vereniging van Veterane uit die Vryheidstryd (NNLVA) en veteraan van die vryheidstryd, Alex Kamwi, het misluk in sy aansoek teen die Veteraneraad waarin hy die betaling van sowat N$118 000 geëis het.

Hy het die hoërhof in Windhoek genader en aangevoer dat sy veteranetoelaag vanaf Februarie 2019 tot September 2020 onregmatig opgeskort is.

Kamwi voer egter aan dat die destydse uitvoerende direkteur van die ministerie van verdediging en veteranesake, Abraham Iilong, sy toelaag van sowat N$6 200 op 28 Februarie 2019 opgeskort het sonder om hom geleentheid te gee om te reageer.

Iilonga het in reaksie gesê Kamwi verdien ’n gereelde ononderbroke salaris en dat die toelaag slegs vir veterane is wat werkloos is of minder as N$36 000 per jaar verdien.

Volgens hofstukke het die direkteur in die direktoraat vir beleid, erfenis en registrasie by die ministerie, Thadeus Elago, in November 2019 ’n vergadering met Kamwi belê om ’n skikking te bereik.

Kamwi beweer hulle het tydens die vergadering ’n mondelinge ooreenkoms bereik om sy toelaag te herstel; Elago ontken dit egter.

Kamwi se toelaag is later weer ingestel, en hy het die betaling van sy toelaag vir die tydperk wat dit opgeskort was, geëis. Hy beweer die respondente het die mondelinge ooreenkoms verbreek en het ’n bevel van die hof gesoek wat die skikkingsooreenkoms sou afdwing.

UITSPRAAK

Regter Marlene Tommasi het beslis die dispuut kan slegs deur die toepassing van die Plascon-Evans-beginsel opgelos word – “feite word aanvaar indien daardie feite soos deur die respondent gestel, tesame met daardie feite gestel deur die applikant wat deur die respondent erken word, die toestaan van ’n bevel regverdig”.

Die hof het daarom die respondente se weergawe aanvaar en beslis dat Kamwi versuim het om te bewys hy het ’n mondelinge ooreenkoms met Elago aangegaan.

“Selfs al is ’n mondelinge ooreenkoms aangegaan, sou dit nie bindend op die raad wees nie. Ingevolge die wet op veterane moet fondse deur die direksie bestuur en beheer word. Die raad kan sy bevoegdheid delegeer of aan ’n komitee aanwys, maar geen bewerings is gemaak dat die derde respondent [Elago] gemagtig was nie,” lui die uitspraak wat Vrydag gelewer is.

Tommasi het die aansoek met koste van die hand gewys en van die rol geskrap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!