Vier skuldig aan moord op Möller

Gesin tydens huisbraak in 2016 aangeval
Die mans is ook skuldig bevind aan die gru-aanranding op Möller se vrou tydens die inbraak.
Rita Kakelo
Vier mans is skuldig bevind aan die moord op ’n bekende sakeman van Walvisbaai, Hans-Jorg Möller, agt jaar ná sy dood.

Hy is tydens ’n gewapende roof in sy huis op Walvisbaai geskiet en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vrou is ook aangerand en hul kinders was tydens die voorval tuis.

Regter Dinnah Usiku het Panduleni Gotlieb, David Tashiya, David Shekundja en Elly Hinaivali Maandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind op aanklagte van moord, poging tot moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, sameswering om huisbraak te pleeg en die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n lisensie.

SY VROU AANGERAND

Die vier mans het ook Möller se vrou, Carol-Ann, wreed aangerand. Sy het ernstige beserings opgedoen en ’n dokter het bevind haar onderkaak is uitgehaak, sy stukke van haar tande verloor het en dat haar neus gebreek was.

Carol-Ann bewe steeds permanent en onbeheerbaar, wat toegeskryf word aan die trauma wat sy daardie dag verduur het, volgens die dokter.

Ten spyte van die trauma het dokters bevestig dat dit nie haar geheue beïnvloed nie. Sy het die polisie in hul ondersoek bygestaan ​​en die vier mans geïdentifiseer.

Carol-Ann het aan die hof gesê sy het daardie aand hard baklei om haar kinders te beskerm. Sy het glo aan die deurhandvatsel van haar kinders se kamer vasgeklou en by die beskuldigdes gepleit om te vat wat hulle wil hê en nie die kinders seer te maak nie.

Gotlieb is later die aand naby die Ondangwa-padblokkade aangekeer en in sy besit is onder meer ’n beursie met geld en twee foto’s van Möller se twee dogters gevind. Hy het boonop ’n pistool by hom gehad wat verbind kon word met die koeël wat Möller tydens die rooftog getref het.

EEN KWYTGESKELD

Die vyfde beskuldigde wat glo die motor bestuur het wat gebruik is om van die toneel te vlug, Malakia Shiweda, is vrygespreek.

Hy het tydens die verhoor aan die hof erken dat hy saam met sy vier medebeskuldigdes die aand van die rooftog in Walvisbaai was, maar hy het aangevoer dat hy nie by die huis teenwoordig was toe die rooftog plaasgevind het nie.

Hy het glo laataand ’n oproep ontvang om sy medebeskuldigdes in die dorp te gaan haal. Die mans het die volgende dag na Windhoek teruggekeer.

Die vier mans wat skuldig bevind is, sal in aanhouding bly tot hulle volgende hofverskyning op 15 Julie, waartydens die staat waarskynlik vir ’n strawwe vonnis sal argumenteer en die beskuldigdes se verteenwoordigers ter versagting van vonnis.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!