• Tuisblad
  • Howe
  • Vingerafdrukke op toneel 'nie beskuldigdes s'n'

Vingerafdrukke op toneel 'nie beskuldigdes s'n'

Heckmair-getuie vir getuienis 'voorberei'
'n Polisiebeampte het tydens die verhoor van Marcus Thomas en Kevan Townsend getuig die vingerafrdukke wat op die moordtoneel gevind is, stem nie ooreen met die beskuldigdes se vingerafdrukke nie.
Iréne-Mari van der Walt
Dit het gister tydens die verhoor van Marcus Thomas en Kevan Townsend aan die lig gekom vinger- en palmafdrukke wat aan die buitekant van wyle André Heckmair se voertuig gevind is, nie met een van die twee beskuldigdes se vingerafdrukke ooreenstem nie. Dit was die getuienis van sersant Paulus Namhindo, een van die polisiebeamptes op die moordtoneel.

Namhindo het getuig hy het Heckmair se liggaam in die bestuursitplek van sy kar in Gusindestraat gevind het met 'n wond in sy wang, wat volgens hom soos 'n koeëlwond gelyk het.

Hy het ook getuig hy was teenwoordig by Heckmair se nadoodse ondersoek en het verwys na foto's wat aandui dat die koeël in Heckmair se liggaam agter sy kop gevind is.

Thomas beweer hy het ten tye van die moord in die parkeerterrein van die Stellenbosch-restaurant in die hoofstad vir Heckmair gewag. Townsend se weergawe is dat hy daardie middag siek was en by hul gastehuis gebly het.

PAKKIE

'n Werknemer van Transworld Cargo wat in 2010 die pakkie hanteer het waarin Marcus Thomas glo 'n knaldemper in die land ingesmokkel het, het gister voor regter Christie Liebenberg getuig dat Thomas die pakkie in sy teenwoordigheid oopgemaak het.

Die tafelpoot wat volgens doaneverslae uit Finland in die pakkie was, is ná Thomas en Townsend se inhegtenisname volgens vorige getuies in hul gastehuiskamer gevind met 'n knaldemper daarin.

Dié werknemer, Paulus Uukongo, het getuig dat Thomas die pakkie self kom haal het by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Uukongo het glo vir Thomas na die Namibiese doanekantoor by die lughawe verwys, waarna hy glo met 'n doanebeampte teruggekeer het wat gevra het om die inhoud van die pakkie te inspekteer.

"Die eerste beskuldigde (Thomas) het toe die pakkie oopgemaak en 'n boks uitgehaal. Binne in die boks was 'n swart sak met handvatsels. Binne in die sak was 'n pyp - dit het gelyk soos 'n tafelpoot. Die eerste beskuldigde het die tafelpoot uitgehaal en dit vertikaal gehou. Hy het 'n klein swart pyp wat hol binne was halfpad uitgehaal en gesê dit is alles meubelparte," het Uukongo getuig.

Thomas se regsverteenwoordiger, Salomon Kanyemba, het tydens Uukongo se kruisondervraging aan hom gestel dat hy die inspeksie van die pakkie opgemaak het omdat dit nie in sy verklaring aan die polisie in Februarie 2011 genoem is nie. "Hierdie is iets waarvoor jy voorberei is om vir hierdie hof te kom sê. Hierdie is goed wat die polisie en die staat vir jou gesê het om te kom sê," het Kanyemba gesê. Liebenberg het Kanyemba gewaarsku om sy woorde versigtig te gebruik.

Townsend se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomunji, het aangevoer dat Townsend nie teenwoordig was toe Thomas die pakkie gaan haal het nie. Uukongo het aangedring dat Townsend wel teenwoordig was, maar het toegegee dat daar geen dokumentêre bewyse van Townsend se teenwoordigheid was nie.

Die verhoor duur vandag voort met Kanyemba wat Namhindo se kruisondervraging sal begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!