VK-burger nader hof vir permanente verblyf
Aansoek al drie keer afgekeur
Benjamin James Begbie-Clench het tussen 2006 en 2010 finansiering van buitelandse skenkers verkry vir projekte wat op San-gemeenskappe fokus.
’n Burger van die Verenigde Koninkryk (VK) wat sedert 2005 vrywilligheidswerk in Namibië doen en projekte bestuur ter ondersteuning van minderheidsgroepe, het die hoërhof genader om die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se besluit om sy aansoek om permanente verblyf af te keur, te hersien en ter syde te stel.
Nadat Benjamin James Begbie-Clench se aansoek in September verlede jaar vir die derde keer afgekeur is, het hy besluit om ’n hersieningsaansoek teen die ministerie en immigrasie-keurraad aanhangig te maak. Partye het Woensdag voor regter Shafimana Ueitele in die hof verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
VRYWILLIGER
Begbie-Clench werk tans deeltyds as ’n projekadviseur by die Desert Research Foundation in Namibië.
“Ek het die eerste keer in Julie 2005 na Namibië gekom en ek het verlief geraak op die land en sy mense. Ek het ook gevoel dat die werk wat ek doen ’n verskil in die lewens van die plaaslike gemeenskappe maak.”
“Terwyl ek ’n burger van die VK is, beskou ek dit nie meer as my tuiste nie,” sê hy in sy verklaring.
Begbie-Clench het in 2005 by die Nyae Nyae-bewaringsgebied aangesluit en op ’n vrywillige basis en sonder vergoeding, gehelp met projekte vir vroeë kinderontwikkeling en beroepsopleiding. Hy was later ook betrokke by die Werkgroep van Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (WIMSA).
“Van 2006 tot 2010 het ek op projekfinansiering vir die San-gemeenskappe gefokus en kon finansiering vir menigte projek van buitelandse skenkers verkry. Hierdie projekte het gefokus op onderwys, taal- en kultuurbewaring, tradisionele kennis, grond en bewaring en volhoubare natuurlike hulpbronbestuur.”
Hy het glo ook as ’n vrywillige gehelp met die vertaling van materiaal vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste tydens die Covid-19-pandemie.
HERSIENING
Begbie-Clench wys daarop dat hy elke keer, ná sy aansoeke afgekeur is, gepoog het om aandag aan die keurraad se bekommernisse te gee en te bewys dat sy omstandighede verander het sedert sy vorige aansoek.
Die rede waarom die keurraad Begbie-Clench se aansoek afgekeur het, is na bewering omdat die raad nie tevrede is met sy motief om permanent in Namibië te woon nie en hy glo nie aan die vereistes voldoen vir “genoegsame lewensmiddele” nie.
Begbie-Clench het glo probeer om aan die raad te bewys dat hy eiendom in Namibië ter waarde van N$1,7 miljoen besit, asook bates ten bedrae van N$1,1 miljoen, maar sy aansoek is weer eens geweier.
“Die eerste verweerder [keurraad] se gedrag om voortdurend die doelpale te verskuif en nie duidelike redes te verskaf waarom my aansoeke steeds afgekeur word nie, ten spyte daarvan dat ek enige bekommernisse wat voorheen geopper is uit die weg geruim het, is administratief onregverdig en kom neer op ’n misbruik van die proses,” luidens sy verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie