Vonnis van 110 jaar uitgedaag
Die hoërhof in Windhoek het ’n veroordeelde kinderverkragter en moordenaar toestemming gegee om teen sy vonnis van 110 jaar gevangenisstraf in die hooggeregshof te appelleer.
Quinton Pieters is ’n voormalige inwoner van Keetmanshoop wat in 2015 tot 163 jaar tronkstraf gevonnis is.
Regter Naomi Shivute het 53 jaar opgelê vir die verkragting en moord van ’n 55-jarige vrou. Dié vonnis sal samelopend met die 110 jaar uitgedien word wat vir die verkragting van kinders opgelê is.
Pieters is in Maart 2017 skuldig bevind aan drie klagte van verkragting en een van poging tot verkragting asook ’n klag van diefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy het in Augustus 2004 probeer om ’n 11-jarige meisie van die informele nedersetting Koppieslaagte te verkrag en het ’n N$10-noot by dié meisie se neef gesteel. Hy is ook skuldig bevind aan die verkragting en aanranding van ’n jong vrou in Junie 2005.
In 2007 het hy ’n 13-jarige meisie gedwing om orale seks met hom te hê. Hy is ook skuldig bevind aan die sodomisering van ’n 10-jarige seun naby die J Stephanus-stadion op Keetmanshoop in Oktober 2007.
APPÈL
Pieters het in Januarie vanjaar ’n aansoek om verlof tot appèl by die hoërhof ingedien op grond van die beginsel dat vonnisse langer as 37 en ’n half jaar, ongrondwetlik is.
Shivute het in haar uitspraak vir die aansoek om verlof tot appèl, erken dat die vonnis van 110 jaar wat sy opgelê het, die ingryping van die hooggeregshof regverdig en op grond daarvan het sy die aansoek toegestaan.
KLAGSTAAT
Shivute het Pieters tot vyf jaar gevonnis op die klag van poging tot verkragting en op die diefstalklag het hy slegs ’n waarskuwing ontvang.
Shivute het tronkstraf van 45 jaar opgelê vir elke verkragtingsklag asook ’n bykomende twee jaar vir die aanranding. Tien jaar van die eerste en derde vonnisse van 45 jaar is egter vir vyf jaar opgeskort en tien jaar van die tweede vonnis van 45 jaar sal samelopend met die eerste 45 jaar uitgedien word.
Shivute het verder beveel dat die vonnis van twee jaar op die klag van aanranding samelopend met die vonnis op die klag van poging tot verkragting uitgedien word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie