Voorheen benadeelde boere soek plase terug
Die vereniging vir voorheen benadeelde kommersiële boere in Namibië (PDNCFU) het Agribank of Namibia hof toe gesleep.
Die instansie wil hê Agribank se besluit om 179 kommersiële plase in eksekusie te verkoop, moet hersien en tersyde gestel word.
Voorheen benadeelde boere het dié grond deur die Regstellende Aksie Leningskema (AALS) aangekoop en die bank het later beslag op die grond gelê weens uitstaande skuld.
“Ek is bewus daarvan dat hierdie plase wat in eksekusie verkoop is deur vorige bevoordeelde individue gekoop is.
“Dit is teenstrydig met die rede vir die skema se totstandkoming en artikel 23(2) van die Grondwet,” lui die voorsitter van die PDNCFU, me. Jeaneth Kuhanga, se verklaring wat op 6 Augustus by die hoërhof in Windhoek ingedien is.
Die PDNCFU het ’n hersieningsaansoek teen Agribank ingedien om die besluit om beslag op dié kommersiële plase te lê en in eksekusie te verkoop, te hersien en tersyde te stel.
Agribank het reeds in September verlede jaar aangedui hulle sal die aansoek teenstaan, maar het nog nie ’n beantwoordende beëdigde verklaring ingedien nie.
Die vereniging het verlede maand aansoek gedoen dat die sake wat Agribank voortdurend teen hul lede aanhangig maak, eers gestaak moet word tot die hersieningsaansoek afgehandel is.
Agribank staan dié aansoek teen en die saak sal op 27 Julie in die hoërhof aangehoor word.
VERDELING
Die AALS het ten doel gehad om voorheen benadeelde Namibiërs, wat reeds op grootskaal gemeenskaplik geboer het, te bevorder om kommersiële boere te word.
Die fokus was om die wanbalans in die eienaarskap van kommersiële landbougrond in privaat besit van vorige rassediskriminerende praktyke en wette te takel.
“Die doel was om vorige benadeelde Namibiërs by te staan om kommersiële landbougrond te bekom. Die teiken soos vasgestel deur die regering van Namibië ten opsigte van AALS, was dat voorheen benadeelde Namibiërs 10 miljoen hektaar landbougrond bekom.”
Die PDNCFU voer aan ’n totaal van 39,7 miljoen hektaar landbougrond is in Namibië beskikbaar.
“Vanaf September 2018 besit voorheen bevoordeelde individue sowat 27,9 miljoen hektaar. Dit is 70% van al die beskikbare landbougrond in die land.
“Voorheen benadeelde individue besit 6,4 miljoen hektaar landbougrond. Dit is slegs 16% van alle beskikbare landbougrond. Die regering besit 5,4 miljoen hektaar, ofte wel 14%.
“Die statistieke vanaf September 2018 weerspieël dat slegs 11,8 miljoen hektaar óf deur die regering óf deur voorheen benadeelde individue besit word,” lui PDNCFU se verklaring.
DROOGTE
Die PDNCFU beweer die afgelope jare se droogte is grootliks verantwoordelik vir hul lede se wanbetaling.
Die vereniging het beklemtoon dat die regering reeds die afgelope drie jaar die droogte as ’n nasionale ramp bestempel.
“Dit is uiters belangrik om te benadruk dat die applikant se lede tans finansieel in groot nood verkeer, aangesien die opeenvolgende droogte hul vermoë om suksesvol te boer, drasties geskend het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie