Vrou betrokke by helikopterongeluk word borgtog geweier
'n Vrou van Swakopmund wat beskuldig word van bedrog, vervalsing van 'n vlugtoetspermit, en nalatige manslag, is vandag in die Swakopmundse Landdroshof borgtog geweier. Dit volg nadat 'n vlieënier en 'n ingenieur - Jacques Jacobs en Dirk von Weitz - verlede week in 'n helikopterongeluk in die kusdorp oorlede is.
Antje Gesa Nauhaus (34) het haar eerste verskyning voor Landdros Nelao Brown gemaak, wat haar in aanhouding gehou het en die saak uitgestel het tot 2 Oktober vir verdere ondersoeke. Nauhaus het verkies om privaat verteenwoordiging te bekom.
Staatsaanklaer Anita Likius het gesê die Staat het borgtog weier op grond dat dit nie in die openbare belang of die regering van justisie is om Nauhaus vry te laat nie.
"Tweedens weier die Staat borgtog op grond dat die beskuldigde aangekla word van 'n ernstige misdryf. Die Staat vrees ook dat die toekenning van borgtog die lopende sake sal beïnvloed, en laastens vrees die Staat dat die beskuldigde mag vlug," het Likius gesê. Volgens 'n polisieverslag is Nauhaus op Sondag in hegtenis geneem by haar woonplek in Swakopmund na 'n saak deur die eienaar van Namibia Base Aviation CC geopen is. Sy is aangekla van bedrog, vervalsing en gebruikmaking van valse dokumente tussen 29 Junie en 12 Julie. Dit nadat sy na bewering onwettig en met opset valse, vervalste en gewysigde sertifikate vir die registrasie en vlugtoetspermit van 'n helikopter aan Namibia Base Aviation voorgelê het.
Met haar inhegtenisneming is verskeie selfone, ses rekenaars, twee draagbare rekenaars, 141 logboeke en drie bokse met finansiële dokumente en rekeninge van haar woonplek en kantoor by Namibia Base Aviation verwyder, onder andere.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie